Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet vorder ná kuberaanval

Transnet se verklaring van force majeure bly steeds van krag, maar die staatsonderneming sê hy het vordering gemaak deur sekere van sy IT-stelsels weer aan die gang te kry.

hawe, transnet, kaapstad
Kaapstad-hawe

In ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, sê hy sekere dele van sy IT-stelsels is weer aanlyn, maar dat die verwerking van vrag steeds met die hand gedoen word.

Koelvraghouers word steeds geprioritiseer sodat bederfbare produkte nie weens die bottelnek in die hawens vrot nie.

Transnet sê elke terminaal in sy hawens het nou al hul planne om terug op die Navis-stelsel te kom aan die hoofkantoor deurgegee.

Die maatskappy gaan die stelsel stelselmatig in werking stel soos funksionaliteit terugkeer.

Maar intussen bly die force majeure-verklaring van 22 Julie van krag. Dit sal na verwagting wel “binnekort” opgehef word.

Geen verdere besonderhede oor die kuberaanval op Transnet is tans bekend nie. Hy het vroeër gesê hy het wel nou die bron van die aanval geïdentifiseer, maar was nie bereid om meer inligting bekend te maak nie.

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, het Vrydag in terugvoering oor die vorige week se onluste gesê die regering dink nie dat die aanval met die onluste verband hou nie.

Meer oor:  Transnet-Kuberaanval  |  Tnpa  |  Kuberaanval  |  Hawens  |  Vragskepe  |  Kuberkrakers  |  Vragvervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.