Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
TRESemmé: Clicks-verkope herstel ná betogings

Die verkope in Clicks se winkels het teen Oktober weer herstel van die ontwrigting wat in September ervaar is toe lede van die EFF by sy winkels betoog het oor die advertensie van die haarprodukvervaardiger TRESemmé.

Een van die foto’s wat deel was van ’n TREsemmé-advertensieveldtog op Clicks se webwerf. Verskeie modelle met verskillende soorte hare is uitgebeeld, maar die hare van swart vroue is opmerklik woorde beskryf.

Vikesh Ramsunder, uitvoerende hoof, sê die betogings het in September omset beïnvloed.

Die groep is egter verseker vir sulke gebeurlikhede en gaan die skade wat gely is, terugeis.

Hy glo nie dit gaan die wins in die lopende boekjaar raak nie.

“Natuurlik is September ontwrig, maar ons is verseker vir die ontwrigting. Ek kan nie noodwendig sien dat dit ’n wesenlike invloed op ons wins gaan hê nie.”

Ramsunder sê dis interessant dat die “normale handelspatrone” in Oktober hervat is wat voor September gegeld het.

“Dit is te vroeg om te sê of daar reputasieskade aan die handelsnaam aangerig is, maar op kort termyn sien ons dit nie. Dit is egter onmoontlik om binne ses weke te weet.”

Die groep het in sy resultate vir die boekjaar tot einde Augustus slegs na dié gebeurtenis in die notas van die finansiële resultate verwys omdat maatskappye beleggers bewus moet maak van gebeure ná die verslagtyd.

Luidens dié inligting het die betogings daartoe gelei dat die groep inkomste en voorraad verloor het, asook bykomende koste moes aangaan. Verskeie winkels is beskadig.

“Die aanvang van die nuwe boekjaar is geraak deur vier dae se betogings teen die aanlyn TRESemmé-advertensie,” is in sy resultate gesê.

Meer oor:  Clicks  |  Tresemmé  |  Covid-19  |  Kleinhandelaars  |  Verkoue  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Apteke  |  Griep  |  Toiletware  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.