Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tribunaal sê ja vir Sasol en Air Liquide

Die Mededingingstribunaal het die verkoop van Sasol se suurstofaanleg in Secunda aan Air Liquide goedgekeur.

air liquide
Sasol se sintetiesebrandstofaanleg by Secunda. Dis ook waar die suurstofaanleg is wat hy aan Air Liquide verkoop.

Dit volg op ’n sitting wat die tribunaal verlede week oor die transaksie gehou het.

Die tribunaal se goedkeuring was die laaste opskortende voorwaarde waaraan nog voldoen moes word voordat die transaksie beklink kon word.

Sasol se aandeelprys op die JSE het Maandagoggend met 2,4% tot R237,99 gestyg.

Air Liquide moet nou binne tien werksdae R5,525 miljard en 148,75 miljoen aan Sasol betaal – in dollar, volgens ’n Sens-verklaring wat Sasol Maandag uitgereik het.

Sasol gaan die geld gebruik om sy skuld te delg.

Die tribunaal het wel ’n hele paar voorwaardes aan sy goedkeuring geheg, soos dat Air Liquide sal moet sorg vir verskeie verbintenisse tot breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging. Hy moet ook plaaslike klein, medium, mikro- en swartbeheerde ondernemings ondersteun wat verkryging en plaaslike inhoud betref.

Air Liquide mag ook nie werkers aflê nie, en moet saam met Sasol ’n groenkragaanleg van tot 900 MW oprig. Air Liquide moet ook ander beleggings doen om sy bedrywighede skoner te maak.

Sasol en Air Liquide het al gevorder met die groenkrag-belofte, met planne wat hulle in April bekend gemaak het vir ’n tenderproses vir 600 MW se hernieubare energie by Secunda. Air Liquide sal 400 MW daarvan gebruik om sy suurstofproduksie by die lugskeidingsaanleg wat hy by Sasol oorkoop ’n kleiner koolstofvoetspoor te gee.

Hulle wil onafhanklike kragprodusente nooi om die aanlegte te bou, en Sasol en Air Liquide sal dan die elektrisiteit by hulle koop. Die oogpunt is dat die aanlegte teen 2023 gereed sal wees om krag op te wek.

Meer oor:  Sasol  |  Mededingingstribunaal  |  Groenkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.