Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Trillian uit sy kantore geskop
Die Melrose Arch-ontwikkeling in Rosebank, Johannesburg. Foto: Amdec

Die eiendomsontwikkelaar Amdec het Maandag bevestig dat hy sy huurkontrak met Trillian Capital Partners gekanselleer het weens die moontlikheid vir “reputasieskade”.

Trillian het kantore in Melrose Arch in Rosebank, Johannesburg, gehuur.

Trillian is midde-in skandale oor beweerde staatskaping by Eskom onder die leiding van Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof, en Anoj Singh, voormalige finansiële hoof.

Trillian het R600 miljoen by Eskom verdien as “ontwikkelingsvennoot” vir die konsultantefirma McKinsey. Trillian staan Eskom se poging teen om die geld terug te kry, maar McKinsey het onderneem om die R1 miljard terug te betaal wat hy by Eskom verdien het.

Trillian se meerderheidsaandeelhouer is Salim Essa, ’n sakevennoot van die omstrede Gupta-broers.

Mike Vermaak, Amdec se besturende direkteur, het aan Fin24 gesê Trillian se huurkontrak is gekanselleer al was daar nog ’n jaar oor.

Amdec beskou die saak as afgehandel.

“Ons wil nie aangaan oor die saak nie. Dis berig en aangekondig en ons het nie verdere kommentaar daarop nie.”

Dit kom nadat Business Day Maandagoggend oor die huurkontrak berig het. – Fin24, bygewerk

Meer oor:  Trillian  |  Mckinsey  |  Amdec  |  Eskom  |  Gupta  |  Salim Essa  |  Melrose Arch  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.