Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Truworths bekommerd oor 2de Britse inperking

Truworths is diep bekommerd oor die streng inperking wat pas in Brittanje begin het en tot 2 Desember gaan duur.

Die klerekleinhandelaar besit die winkel Office in Brittanje en mag tydens die inperking slegs klik-en-optel-verkope doen.

Truworths het sy bande met plaaslike klerefabrieke versterk.

Dit kom nadat die eerste 18 weke van die groep se nuwe boekjaar juis redelik droewig was.

Die verkope in die tyd van 29 Junie tot 1 November was 10% laer as vir die eerste 18 handelsweke van die vorige boekjaar. Dit het R5,7 miljard beloop.

Verkope op rekeninge het met 13% en kontantverkope met 7% gedaal. Rekeninge verteenwoordig 50% van die groep se kleinhandelverkope, teenoor verlede jaar se 52%.

Office se verkope in Brittanje het in pond met 26% tot £70 miljoen geval, maar in rand met net 12% tot R1,5 miljard.

E-handel het met 22% gegroei en verteenwoordig nou meer as die helfte, 52%, van Office se verkope. 

Verskeie Office-winkels is die afgelope jaar gesluit en die groep beoog om nog onwinsgewende winkels te sluit soos huurkontrakte ten einde loop.

Verkope in Suid-Afrika het met 9% tot R4,2 miljard gedaal. Rekeninge verteenwoordig 69% van verkope teenoor verlede jaar se 71%.

Pryse het met slegs 0,2% gestyg, selfs minder as verlede jaar se 0,4%.

Die groep beleef ’n effense styging in agterstallige skuld tot 15% van sy skuldboek, teenoor 13% verlede jaar. Daar is egter tekens dat mense weer begin betaal.

Die groep se eerste halfjaar eindig op 27 Desember en resultate word eers teen einde Februarie verwag.

Truworths het bevestig hy het die maatskappy gekoop wat nou al meer as 30 jaar vroueklere vir die groep ontwerp.

Barrie Cline Clothing word op 1 Desember deel van dié klerekleinhandelaar. Die waarde van die transaksie is nie bekend gemaak nie.

Barrie Cline ontwerp vroueklere, maak voorbeelde en patrone en het ’n netwerk van 50 plaaslike klerefabrieke.

Truworths het sy eie afdeling vir die ontwerp van mans- en kinderklere.

Die maatskappy sê in ’n verklaring die koop van Barrie Cline sal sy verhouding met plaaslike klerefabrieke versterk, wat kritiek vir die ondersteuning van plaaslike vervaardiging en die klerebedryf is.

Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs ’n beroep op maatskappye gedoen om plaaslik aan te koop en die vervaardigingsbedryf só ’n hupstoot te gee.

Klerekleinhandelaars het die afgelope paar jaar meer klere plaaslik begin vervaardig ten einde vinniger op nuwe modegiere te kan reageer.

Die Covid-19-pandemie het vir verskeie bedrywe uitgewys hoe kwesbaar hulle is as wêreldwye verskaffingskettings verlam word

Meer oor:  Office  |  Truworths  |  Kleinhandel  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandelaars  |  Klerebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.