Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Truworths-klere word skaars duurder; verkope styg

Die klerewinkelgroep Truworths International het in die vier maande tot begin November in Suid-Afrika verkope met 3% tot R4,6 miljard verhoog.

Truworths se klere het die afgelope vier maande gemiddeld net 0,4% duurder geword.

Die styging in omset is nie weens prysverhogings nie omdat sy produkinflasie gemiddeld net 0,4% in die vier maande was.

Die hoër verkope is waarskynlik omdat meer op krediet verkoop is. Verkope op rekening het 71% tot totale klereverkope in Suid-Afrika bygedra, vergeleke met 70% in die ooreenstemmende tyd.

Klere wat op rekening by die groep verkoop is, het met 5% gestyg terwyl kontantverkope met net 1% gestyg het.

Sy plaaslike winkelruimte het met net 1% uitgebrei.

In geheel, ingesluit die skoenwinkelgroep Office in Brittanje, het verkope met 2% tot R6,3 miljard in die tydperk verhoog.

Verkope van Office het in pond geen verandering getoon van die ooreenstemmende tydperk af nie.

In randwaarde het die verkope met 1% tot R1,7 miljard gedaal.

Office se handelsruimte het met 7% gedaal en gaan nog met 5% in die lopende boekjaar daal omdat dié Britse winkelgroep besig is om niewinsgewende winkels te sluit.

Sake is om talle redes droewig vir kleinhandelaars in Brittanje, insluitend swak verbruikersvertroue met die politieke gemors wat om die land se toekoms in die Europese Unie met Brexit aan die gang is.

Die totale uitstaande skuld in Truworths se verbruikerskuldboek was einde Oktober 4% hoër op R5,9 miljard. Die aantal rekeninge het met 3% verhoog.

Die groep sê handelstoestande gaan na verwagting moeilik bly.

Sy resultate vir die halfjaar tot einde Desember word op 20 Februarie uitgereik.

Sy aandeelprys het met 4% gestyg nadat die handelsoorsig uitgereik is.

Meer oor:  Truworths  |  Kleinhandel  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.