Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Truworths verkoop minder, selfs teen 2019-pryse

Truworths se aandeelprys het Maandag stewig opgeskiet, selfs al het die klerewinkelgroep se verkope gedaal in die tydperk wat Swart Vrydag en Kersfees insluit.

Beleggers was glad nie so erg teleurgesteld in Truworths se dalende klereverkope nie.

Die daling in verkope was volgens markontleders baie minder was wat hulle verwag het, wat die aandeelprys teen 13:00 reeds met 14,5% tot R41,36 laat opskiet het. En dít terwyl die JSE se indeks van alle aandele gedaal het, hoewel met minder as 0,1%.

Truworths – wat onder meer ook was YDE, Naartjie, Earthchild, Identity, Uzzi en Office besit – was Vrydagmiddag laat een van die eerste kleinhandelaars wat vanjaar ’n handelsverklaring uitgereik het – vir sy halfjaar tot einde Desember.

Albei die groep se grootste markte – Suid-Afrika en Brittanje – word steeds verlam deur Covid-19-verwante inperkings en die ekonomiese krisis wat dit meegebring het. In Brittanje word handel boonop verswak deur onsekerheid oor hoe Brittanje die Europese Unie gaan verlaat (Brexit).

Die hele groep se verkope in die 26 weke tot 27 Desember het met 8,5% tot R9,7 miljard gedaal.

Verkope op rekeninge het met 10,3% gedaal en kontantverkope met 6,5%. Kredietverkope beloop 51% van alle verkope (teenoor 52% in 2019).

Verdienste

Die groep verwag dat sy wesensverdienste per aandeel in die ses maande met tussen 4% en 9% gedaal het. Sy verdienste per aandeel het na verwagting met tussen 14% en 19% gedaal.

Markontleders het ’n daling van tot 48% voorspel.

Die resultate word na verwagting op 18 Februarie uitgereik.

Verkope van Truworths Africa, wat grootliks Suid-Afrikaanse verkope is, het met 6,8% tot R7,3 miljard gedaal. Kredietverkope het ook met 10,3% geval, maar kontantverkope met slegs 1,9%. Kredietverkope beloop 68% van plaaslike verkope.

Truworths het sy pryse glad nie in die tydperk verhoog nie.

Verkope in winkels wat ook in 2019 se eerste halfjaar oop was, het met 8% gedaal.

85% van aktiewe rekeninghouers het nog krediet beskikbaar gehad om te bestee, teenoor 77% in Junie 2020. Net 12% van betalings was agterstallig, gemeet as ’n persentasie van betaalbare rekeninge. Dis teenoor 20% in Junie. Dié syfers dui vir Truworths daarop dat sy skuldboek aan die verbeter is.

Verkope by die Britse skoenwinkelgroep Office het in pond met 24,6% tot £114 miljoen geval. Danksy die sterker rand was die randwaarde 13,3% minder op R2,4 miljard. Aanlyn verkope verteenwoordig nou 59% van Office se verkope, teenoor 34% in 2019.

Truworths het die winkelruimte wat Office huur, met 17% verklein; teen die einde van sy boekjaar in Junie gaan hy meer as ’n vyfde (21%) minder ruimte beslaan.

In Suid-Afrika kon Truworths sedert Mei 2020 klere verkoop sonder enige verdere inperkings. Brittanje het in November weer ’n maand lank alle nienoodsaaklike winkels gedwing om hul deure te sluit, behalwe vir klik-en-optel-bestellings, en winkels moes ook weer in Januarie sluit.

Meer oor:  Office  |  Truworths  |  Kleinhandel  |  Klere  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandelaars  |  Klerebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.