Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tsogo Sun Hotels skop sterk af op JSE

Die sterk portefeulje hotelle van Tsogo Sun Hotels het baie kopers Woensdag met sy debuut op die JSE gelok.

Twee Tsogo Sun-maatskappye is nou op die JSE genoteer nadat die groep sy hotel- en dobbelbedrywighede ontknoop het.

Lees ook: Tsogo Sun ontknoop, noteer dobbel en hotelle apart

Tsogo Sun se Southern Sun Maputo in Mosambiek.

Tsogo Sun Hotels se aandeelprys het Woensdag op R2,70 geopen en die dag op R4 afgesluit, wat die maatskappy se markwaarde op R4,2 miljard plaas.

Die aandeelprys het Donderdagoggend verder met 12,5% oftewel 50c tot R4,50 gestyg.

Die groep se dobbelbedrywighede word nou in Tsogo Sun Holdings gehuisves.

“Baie aandele word tans as ondergewaardeer op die JSE beskou en bestuurspanne probeer maniere vind om die aandeelpryse te lig,” sê Nolwandle Mthombeni, ’n ontleder by Mergence Investment Managers in Kaapstad, oor die ontknoping.

“Die ontknoping laat beleggers toe om óf in casino’s óf in hotelle te belê.”

Die nuutgenoteerde maatskappy het 110 hotelle, met altesame 19 000 kamers. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Tsogo Sun  |  Casino's  |  Hotelle  |  Handelseiendom  |  Dobbelbedryf  |  Dobbel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.