Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tsogo Sun voel reeds impak van virus aan sy sak
Tsogo Sun se Montecasino-hotel in Fourways, Johannesburg. Foto: Verskaf

Reisbeperkings wat reeds voor die staat van inperking afgekondig is, het ’n beduidende impak op Tsogo Sun Hotels se resultate gehad.

Dié maatskappy, wat in 2019 apart van die Tsogo Sun Gaming op die JSE noteer is, het Vrydag sy resultate vir die jaar tot einde Maart op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer.

“Die Covid-19-pandemie het ’n groot uitwerking op die groep gehad,” sê die maatskappy in die verslag wat hy saam met sy resultate uitgereik het.

Tsogo Sun sê die aanvanklike regulasies oor internasionale reise wat pres. Cyril Ramaphosa reeds op 15 Maart aangekondig het, gevolg deur die algehele verbod op reise tussen provinsies op 23 Maart, het ’n beduidende uitwerking op die groep se inkomste in dié maand gehad.

Tsogo wys ook daarop dat Maart juis een van die maande is wat in die piekseisoen val. Hy ly dus nog ’n groter verlies as hy nie in dié tyd besprekings het nie.

Luidens Tsogo se state was sy hotelle vir die jaar tot einde Maart net 59,3% vol, teenoor die 60,6% die vorige jaar.

Die maatskappy het oor sy hele portefeulje ’n totaal van 4 314 kamers beskikbaar. Dit sluit hotelle in ander lande buiten Suid-Afrika in.

Vir die jaar tot einde Maart het sy inkomste met 2% tot R4,475 miljard gestyg.

Hy het egter ’n groot verlies van R1,7 miljard gely, teenoor die verlies van R581 miljard ’n jaar tevore.

’n Groot deel van dié jongste verlies is weens die herwaardasie van eksterne bestuurde beleggingseiendom in die Hospitality Property Fund (R888 miljoen), waardedalings vir eiendom en toerusting van hotelle in Suid-Afrika en die buiteland van altesaam R716 miljoen, herstruktureringskoste van R40 miljoen; asook die waardedaling van die groep se belegging in RBH Hotels in Brittanje.

Wesensverdienste per aandeel is 42% laer op R2,16.

Op 31 Maart het die groep kontant en kontantekwivalente van R722 miljoen gehad. Dit is teenoor die R212 miljoen van ’n jaar tevore.

Skuld beloop egter R4 miljard teenoor die R3,2 miljard van ’n jaar tevore.

Tsogo Sun Hotels verhandel Vrydag bykans 3,5% laer teen R1,40 op die JSE.

Meer oor:  Tsogo Sun  |  Staat Van Inperking  |  Resultate  |  Toerisme  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.