Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Twee vroue gaan nou sweep klap by Spur
Val Nichas, wat in Januarie oorneem as nuwe uitvoerende hoof van Spur Corporation.

Twee vroue kom aan die stuur van die restaurantgroep Spur van vroeg volgende jaar af.

Val Nichas (58) is pas aangewys as nuwe uitvoerende hoof van die Spur-groep om Pierre van Tonder op te volg wanneer hy einde Desember aftree.

Intussen het die groep, wat onder meer Spur Steak Ranches, Hussar Grill, Panarottis en Rocomamas bedryf, aangekondig dat Cristina Teixeira (47) in Februarie volgende jaar as finansiële hoof sal oorneem by Phillip Matthee. Matthee het versoek om van sy huidige pos afstand te doen om ’n ander senior bedryfsrol binne die groep se finansiële afdeling te beklee. Dit is glo om persoonlike redes. Volgens die Spur-groep is daar teensinnig ingestem tot Matthee se versoek en sal hy einde Januarie as direkteur en finansiële hoof uittree en skuif na die rol van kommersiële-rekeningebestuurder.

Nichas het die afgelope agt jaar haar eie konsultasiefirma bedryf wat in sakestrategie beplanning spesialiseer. Sy was voorheen bestuurder van kitskosrestaurante by Famous Brands, waar sy ook hoof was van Wimpy en Steers. Sy het in 1999 by Famous Brands begin as bemarkingsdirekteur vir Debonairs Pizza.

Haar loopbaan het begin in die bemarkings- en advertensiewese en sy was tussen 1994 en 1998 die bemarkingsdirekteur van die klerewinkelgroep Edgars. Sy het ook al konsultasiewerk vir Nando’s gedoen.

Cristina Teixeira, wat in Februarie volgende jaar finansiële hoof van Spur word.

Teixeira het op haar beurt 12 jaar se ervaring as finansiële hoof van genoteerde maatskappye en is in 2013 vereer as die Sakevrouevereniging van Suid-Afrika se Sakevrou van die Jaar in die korporatiewe afdeling. Sy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en was finansiële hoof van Group Five en Consolidated Infrastructure Group.

Die Spur-groep het ook Donderdag ander aanstellings in sy direksie aangekondig, wat insluit Kevin Robertson as bedryfshoof, Graeme Kiewitz as hoof van mensehulpbronne en Sacha du Plessis as bemarkingshoof.

Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure wat aangestel is, is Jesmane Boggenpoel, Lerato Molebatsi, André Parker en Sandile Phillip.

Meer oor:  Sput  |  Val Nichas  |  Maatskappye  |  Uitvoerende Hoof  |  Restaurantgroep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.