Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Twisp nou ’n produk van BAT

Die Mededingingstribunaal het Dinsdag British American Tobacco Suid-Afrika (BAT) se verkryging van die e-sigaretmaatskappy Twisp goedgekeur, maar met streng voorwaardes.

’n Twisp e-sigaret, wat na bewering veiliger en minder skadelik as gewone sigarette is. Foto: Twisp

BAT mag nie die verkope van mededingende e-sigarette kniehalter deur winkels, winkelsentrums of vulstasies te verbied of selfs aan te spoor om Twisp as enigste e-sigaret te verkoop nie.

Dieselfde soort voorwaardes sal ook geld vir verkoopspersoneel, wat nie die besonderhede van mededingers se produkte van verbruikers mag weerhou nie.

Geen Twisp-werknemer mag vir twee jaar ná die transaksie weens die verkryging afgedank word nie.

In ’n verklaring sê BAT Dinsdag hy is verheug oor die besluit van die tribunaal om die verkryging goed te keur.

“BAT is beïndruk met die unieke produkaanbieding van Twisp, en beplan om dit vir kliënte uit te brei, terwyl Twisp se leiersposisie in dié produkkategorie versterk gaan word,” sê Soraya Benchikh, uitvoerende hoof van BAT.

“Dit sal ons merkwaardige belegging in Suid-Afrika verder ondersteun en uit brei.”

Nathan Smith, uitvoerende hoof van Twisp, sê: “Ons het nog altyd daarna gestreef om veiliger alternatiewe (as konvensionele sigarette) vir rokers te ontwikkel, en ons nuwe reis met BAT gee ons toegang tot ongeëwenaarde bronne wat ons in staat stel om op dié ambisie te konsentreer en baanbrekende aanbiedinge vir ons kliënte te skep.”

Meer oor:  British American Tobacco  |  Bat  |  Twisp  |  E-Sigarette  |  Rook  |  Sigarette  |  Mededingingskommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.