Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tyd vir testamente, sê Patrice Motsepe

Die beleggingsmaatskappy African Rainbow Capital (ARC), waarvan die miljardêr Patrice Motsepe die voorsitter is, het besluit om ’n groot belang in ’n maatskappy te koop wat boedelbeplanning doen.

Net een uit vier Suid-Afrikaners sterf met ’n geldige testament.

Volgens Johan van der Merwe, een van die twee uitvoerende hoofde van ARC, is die 25%-belang in Capital Legacy gekoop omdat die onderneming groot potensiaal het op die gebied van boedelbeplanning.

Net een uit vier Suid-Afrikaners het ’n geldige testament wanneer hulle sterf.

Capital Legacy probeer kostedoeltreffender boedelbeplanning doen.

“Ondoeltreffende boedelbeplanning kan meebring dat 30% van die waarde van die boedel gebruik moet word om koste te dek,” sê Alex Simeonides, uitvoerende hoof en stigter van Capital Legacy, in ’n verklaring.

Om uitvoering aan die boedel te gee, kan jare duur as behoorlike boedelbeplanning nie plaasgevind het nie, volgens hom. “Dit bring finansiële risiko’s mee vir die afhanklikes van die persoon.”

Die probleem is soms dat testamente deur regslui opgestel word sonder dat daar gekyk word na finansiële beplanning. Sonder kontant in ’n boedel, moet bates soos ’n huis – wat dalk nagelaat is met die hoop dat dit vir naasbestaandes ’n woning sal verseker – verkoop word om skuld, eksekuteursgeld en ander koste te delg. Dié geld moet betaal word voordat mense kan erf.

Capital Legacy doen boedelbeplanning en die finansiële beplanning wat nodig is om kontant gereed te hê om die koste te dek ná iemand se dood. Die firma doen ook die administrasie van boedels en trusts.

Volgens Simeonides het Capital Legacy sedert sy ontstaan in 2012 al meer as 200 000 testamente opgestel.

Hy sê die diens wat hulle aanbied, is daarop gerig om die gereguleerde koste van boedels beter te bestuur.

Volgens hom word 5 000 individue per maand bygestaan om hul testamente op te stel.

Van der Merwe sê die belegging vul die bestaande beleggings in die finansiëledienstebedryf aan en bring sinergieë mee met die ander finansiële firmas waarin daar belê is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.