Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
TymeBank kry 100 000 nuwe kliënte per maand

Sowat 100 000 Suid-Afrikaners maak tans elke maand ’n rekening by TymeBank oop.

TymeBank het einde Februarie amptelik sy digitale deure oopgemaak.

tymebank
Assistente van TymeBank help jou vinnig by hul kiosks in honderde Pick n Pay- en Boxer-winkels landwyd om 'n rekening oop te maak.

Die bank sê Woensdag in ’n verklaring sy 250 000ste kliënt het pas ’n rekening geopen.

Die bank het met 500 kiosks landwyd in Pick n Pay en Boxer-winkels sake begin doen.

Nou net meer as twee maande later het hy 624 kiosks.

Volgens die bank het 78% van sy kliënte juis hul rekeninge by dié kiosks geopen, terwyl 22% dit aanlyn op sy webwerf gedoen het.

Meer as ’n kwart (26%) van die bank se kliënte is Suid-Afrikaners wat tussen 36 en 45 jaar oud is.

Die meeste van TymeBank se kliënte is in Gauteng (34%) gevolg deur KwaZulu-Natal (16%) en die Wes-Kaap (8%).

“Ons het vir ons bekendstelling op Gauteng gekonsentreer,” sê Sandile Shabalala, uitvoerende hoof van TymeBank.

“Die Pick n Pay in die Quagga-sentrum in Pretoria-Wes en die Boxer-winkels in Thembisa, Lenasia, Alexandra en Noordstraat is waar die meeste nuwe kliënte hul rekeninge geopen het,” sê hy.

Shabalala sê op die oomblik word tussen 3 000 en 4 000 rekeninge elke dag geopen. Hy sê hulle hoop dat dié getal binnekort tot 5 000 per dag sal styg.

Meer oor:  Tymebank  |  Digitale Bankdienste  |  Banksektor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.