Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
TymeBank: Pick n Pay-plan ’n groot sukses

TymeBank se strategie om kliënte via Pick n Pay- en Boxer-winkels te bereik, blyk ’n groot sukses te wees.

’n TymeBank-kiosk.Foto: Reuters

Dié digitale bank, wat in Februarie amptelik geopen is, hoop om teen einde Junie ’n halfmiljoen kliënte te hê.

Teen die eerste week van Junie het hy 400 000 kliënte gehad.

Luidens ’n voorlegging Maandag aan beleggers, bank kliënte ook toenemend groter bedrae by TymeBank.

In die eerste 18 weke van die bank se bestaan – sedert November 2018, nog voor die bank se amptelike bekendstelling aan die publiek – het kliënte gemiddeld minder as R500 in hul rekeninge gehad.

Die gemiddelde bedrag per rekening het nou tot net meer as R3 000 gestyg.

TymeBank het net 120 werknemers teenoor groter banke soos Standard Bank, Absa en FNB wat elk meer as 40 000 werknemers het.

Die bank het egter ’n groot netwerk van afsetpunte met kioske in meer as 500 Pick n Pay- en Boxer-winkels. Die bank sê sy kioske gaan binnekort in al 730 van dié winkels wees. Net Capitec sal dan meer afsetpunte as TymeBank hê met 840 kitsbanke en takke waar kliënte kan sake doen.

TymeBank trek nie net die aandag van Suid-Afrikaners op soek na ’n nuwe bank nie, maar ook dié van beleggers.

Roger Grobler, vennoot by die Ethos Artificial Intelligence-fonds, het Maandag in ’n onderhoud met CNBC Africa gesê die bank se strategie maak hom só aantreklik dat dié fonds besluit het om R200 miljoen daarin te belê.

Grobler sê die pas waarteen die bank groei is “verstommend”.

Ethos besit nou ’n belang van 8% in die bank.

Die grootste aandeelhouer in TymeBank is Patrice Motsepe se African Rainbow Capital.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Tymebank  |  Patrice Motsepe  |  Kleinhandelaars  |  Banke  |  Digitale Bankdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.