Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Uber een van Gautrein se grootste mededingers
Die grootste mededinger vir die Gautrein is nie busdienste of ander treindienste soos Metrorail of taxi’s nie, maar die private motorvoertuig en veral dienste soos Uber. Foto: Unsplash

Die Gautrein moes bontstaan saam met wetstoepassers om tydens vlak 5 van die staat van inperking die onwettige betreding van sy geriewe te keer.

William Dachs, uitvoerende hoof van die Gautrein-bestuursagentskap, het Woensdag in die parlement gesê tydens vlak 5 was daar daagliks indringers op die spoorlyn, en ’n geweldige poging is saam met die polisie en die Tshwane-metropolisie aangewend om mense weg te hou, het Dachs aan die portefeuljekomitee oor vervoer gesê.

Die beste beskerming is om die stelsel in bedryf te hou. “Niks is so ’n versoeking as ’n leë stasie of ’n leë treinspoor nie.”

Oor mededinging het Dachs gesê die grootste mededinger vir die Gautrein is nie busdienste of ander treindienste soos Metrorail of taxi’s nie, maar die private motorvoertuig.

Hy het wel toegegee aanlyn taxidienste soos Uber het ’n groot mededinger vir die Gautrein geword, veral op die roete na die O.R. Tambo-lughawe.

In reaksie daarop het die Gautrein sy kaartjiepryse aangepas.

Oor die Gautrein-busdienste het Dachs verduidelik dit is nie veronderstel om sy kerndiens te wees nie. “Ons is die Gautrein, nie die Gaubus nie.”

Die Gautrein het tans 125 busse en gaan nie nog busse koop nie. Die busdienste is aanvanklik begin om ’n gaping te vul toe dele van die treindiens nog nie in bedryf was nie. Die middestedelike busroetes is volgens Dachs wel tjok-en-blok vol en suksesvol, maar roetes na kleiner bushaltes is nie so optimaal nie.

Op ’n vraag van ’n parlementslid het Dachs gesê hulle werk tans aan ’n loodsprojek om afslag-tariewe aan studente te bied. Dit sal van volgende jaar af aangebied word. As dit werk, sal dit uitgebrei word na ander kwesbare, armer gemeenskappe.

Dachs het gepraat as deel van ’n openbare sitting oor die wetsontwerp oor die ekonomiese regulering van vervoer.

Meer oor:  Uber  |  Gautrein  |  Tegnologie  |  Vervoer  |  Mededinging  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.