Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Uber se notering dalk ‘grootste van 2019’

Beleggers kan binnekort meer inligting oor die steeds geheimsinnige Uber-notering verwag – volgens gerugte een van die tien grootste noterings nóg wat die wêreld gaan sien.

ss
Uber se vernaamste mededinger, Lyft, het in Maart genoteer.

Uber gaan vandeesmaand sy veldtog om sy aandele te bemark, afskop en sal na verwagting reeds in Mei op die New Yorkse aandelebeurs (NYSE) begin verhandel.

Bloomberg berig dat bronne wat naamloos wil bly, sê dat die maatskappy verwag om sowat $10 miljard met sy notering in te samel. Dit sal Uber se notering waarskynlik die grootste van die hele 2019 maak.

Uber se vernaamste mededinger, Lyft, het in Maart genoteer.

Met die notering sal Uber die sappige besonderhede van sy finansiële state en bedrywighede bekend moet maak.

“Die groot ding gaan Uber se bedryfsyfers teenoor Lyft s’n wees,” sê Dan Ives, ’n ontleder by Wedbush Securities. “Ek dink na baie beleggers se mening is Lyft Uber se kleinboet.”

In 2018, toe Toyota Motors in Uber belê het, is die digitale taxidiens teen $76 miljard gewaardeer, maar bankiers wat meegeding het om Uber se notering te bestuur, reken hy kan selfs op $120 miljard gewaardeer word.

Besonderhede oor hoeveel aandele en teen watter prys Uber dit beskikbaar gaan stel, is nog nie bekend nie, maar sal bekend word wanneer die maatskappy sy laaste dokumente voor die notering op die NYSE aan die Securities and Exchange Commission, die waghond oor Amerikaanse aandelebeurse, oorhandig.

Wat wel tot dusver bekend is, is dat die maatskappy in 2018 altesaam $50 miljard se ritte deur sy app bespreek het, wat 45% meer was as in 2017.

Sommige beleggers is wel ietwat bekommerd dat dié syfer naby aan sy plafon is, weens verlangsamende groei.

Uit sy $50 miljard se gelewerde dienste het Uber in 2018 $11,4 miljard se inkomste gegenereer, maar slegs $3 miljard daarvan was in die laaste kwartaal van die jaar.

Dit is ook net 2% meer as in die vorige kwartaal.

Kwartaallikse groei was dus 25% in die vierde kwartaal, maar 38% in die derde kwartaal.

Talle beginnerondernemings in die tegnologiesektor verkies aanvanklik uitbreiding bo wins.

Uber se finansiële resultate wys hy het in 2018 ’n verlies van $1,8 miljard gely.

Lyft, wat aansienlik kleiner is, het ’n verlies van $911 miljoen in 2018 gehad, maar vanweë sy gesonde groei was beleggers min gepla daaroor.

Beleggers sal wel wil weet waar Uber se geld vir uitbreiding vandaan gaan kom, aangesien die maatskappy nou kyk na voedsel- en vrag-aflewering, bromponie- en fiets-dienste, asook bestuurderlose en self-vlieënde voertuie.

Uber, soos talle ander tegnologie-aandele, sal waarskynlik onstuimige verhandelinge ervaar in sy eerste paar weke op die NYSE. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Uber  |  Lyft  |  Nyse  |  Notering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.