Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Uitenhage-aanleg is Volkswagen se beste ter wêreld
Volkswagen se aanleg in Uitenhage is pas as sy beste aanleg in die wêreld aangewys.

Die Volkswagen-aanleg in ­Uitenhage is pas as dié internasionale motorvervaardiger se beste aanleg ter wêreld aangewys.

Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) het met sy vervaardigingspraktyke in 2015 boaan die lys van 13 Volkswagen-takke in die wêreld geland.

Dit is die eerste keer dat VWSA dié eer toegeken word, maar sy produksiepunt van 113,2% het hom bo die ander takke laat uittroon.

Elke aanleg is geëvalueer volgens produksie-volumes, gehalte, kostes en die aanleg se omgewingsvriendelike benadering.

Dit is VWSA se vervaardiging van 120 000 Polo’s en Polo Vivo’s, en hul verbetering van hul koolstofvoetspoor met 42,2%, wat dié toekenning verseker het, meen Thomas Schaefer, besturende direkteur van VWSA.

“Die erkenning kon nie op ’n beter tyd kom nie,” het Schaefer gesê.

“Dié opwindende nuus sal ons aandeelhouers se vertroue in ons vermoëns versterk, veral met ons planne vir die nuwe modelle wat voorlê.”

Dié planne is verlede jaar saam met ’n belegging van R4,5 miljard in die aanleg aangekondig.

“Ek is veral trots op VWSA se werknemers,” het Schaefer bygevoeg. “Dit is te danke aan hul harde werk en bydraes dat ons deur ons hoofkantoor vereer kan word.”

Meer oor:  Volkswagen  |  Uitenhage  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.