Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Uitgewers ‘werk saam’ in ondersoek na boekpryse

Boekuitgewers in Suid-Afrika is bewus van die Mededingingskommissie se ondersoek na bewerings van prysvasstelling, het Mpuka Radinku, uitvoerende direkteur van die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (Pasa), Donderdag gesê.

Uitgewers sê hulle werk met die Mededingingskommissie saam oor beweerde samespanning oor boekpryse. Foto: Unsplash

Pasa werk reeds saam met die Mededingingskommissie in sy ondersoek, het Radinku in ’n verklaring gesê.

Die kommissie het klagtes ontvang dat boekuitgewers en boekhandelaars al sedert die 1980’s saamspan om pryse van skool- en universiteitshandboeke vas te stel, het die kommissie Woensdag aangekondig.

’n Ondersoek is begin na die prysvasstelling en samespanning, wat ’n oortreding van die Mededingingswet is.

Pasa, wat meer as 91 uitgewers en boekhandelaars soos Macmillan, Juta, Via Afrika, Oxford University Press en talle ander verteenwoordig, sê sy grondwet en gedragskode laat nie die vereniging of sy lede toe om betrokke te wees by enige onmededingende praktyke nie.

Die kommissie voer egter aan daar is bewerings dat al jare saamgespan word om die prys vas te stel van handboeke vir skole, kolleges en universiteite, asook bedryfshandboeke wat te koop is aan die publiek.

Meer oor:  Pasa  |  Handboeke  |  Mededinging  |  Samespanning  |  Boeke  |  Mededingingskommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.