Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
USB-BO kry nuwe hoof
Dr. Chris van der Hoven

Dr. Chris van der Hoven is aangestel as die nuwe uitvoerende hoof van USB-Bestuursontwikkeling (USB-BO), die openbare bestuursontwikkeling-en-opleidingsmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch.

Hy volg Frik Landman op wat ná 13 jaar die tuig neerlê.

Van der Hoven het op 11 Junie in sy nuwe pos begin. Hy was die akademiese direkteur van die Wits Business School nadat hy ook as senior genoot aan die Universiteit van Cambridge en as senior lektor by die Cranefield-bestuurskool in Brittanje klas gegee het. Hy het as besoekende akademikus reeds aan meer as tien sakeskole wêreldwyd klas gegee.

Van der Hoven het ’n BSc-graad van die Universiteit van Kaapstad, ’n MBA van die Cranefield-bestuurskool en ’n PhD aan die Cambridge-universiteit verwerf.

Hy het die akademie in sy laat 30’s betree toe hy na Brittanje verhuis het. Voorheen het hy ’n loopbaan by Group 5 en Eskom in Suid-Afrika, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe gevolg.

Sy akademiese veld is strategie en innoveringsbestuur en hy het wydlopende internasionale ondervinding oor leierskap en transformasie opgedoen.

“My taak is om aan te hou bou aan die reputasie van die USB-BO, om die handelsmerk oor die vasteland heen te verteenwoordig en om op ons kliënte se ontwikkelingsbehoeftes te fokus op so ’n wyse dat hul waarde vir hul eie kliënte en belanghebbendes verhoog word.”

Op sy beurt het prof. Michael Osbaldeston, voorsitter van die USB se direksie, gesê Van der Hoven se uitgebreide ondervinding sal ingespan word om die maatskappy deur die volgende stadium van sy ontwikkeling te neem.

Hy het ook sy dank teenoor Landman uitgespreek vir die rol wat hy gespeel het in die ontwikkeling van die USB-BO tot ’n onafhanklike en winsgewende entiteit.

Meer oor:  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.