Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vakbond dagvaar Samancor oor ‘bedrog’

Amcu gaan regstappe doen teen Samancor Chrome, die wêreld se grootste chroomprodusent.

Joseph Mathunjwa, president van Amcu. Foto: Daily Sun

Die vakbond beskuldig die maatskappy van bedrog en winsverskuiwing.

Hy tree op namens ’n werkerstrust, Ndizani Workers ESOP Trust, wat ’n belang van 5,6% in Samancor besit.

Die bewerings sluit in dat $125 miljoen in April 2007 na ’n Nedbank-rekening in Londen oorgeplaas is tot voordeel van drie direkteure.

’n Firma met die naam Kermas BVI was glo betrokke. Kermas is in die Britse Maagde-eilande, ’n belastinghawe, geregistreer.

Verkoopskommissie van 9% sonder enige betekenisvolle diens en bestuursgeld van $4 miljoen is ook ter sake.

Amcu beweer ook dat twee Samancor-direkteure omkoopgeld in die vorm van 14,1 miljoen aandele in die Britse mynboufirma Sylvania Platinum gekry het in ’n ooreenkoms om chroom en platinumgroepmetale uit slykdamme te onttrek.

Amcu raam dat die transaksies Ndizani van meer as $100 miljoen ontneem het.

Die bewerings is glo deur ’n fluitjieblaser, ’n voormalige Samancor-direkteur, gedoen. ’n Beloofde interne ondersoek het nooit gematerialiseer nie.

Amcu het nou hofstukke by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien waarin die vakbond toestemming vra dat Samancor se huidige en voormalige direkteure gedagvaar mag word.

Die regsfirma van Richard Spoor, wat by verskeie prominente hofsaak betrokke is, insluitend die listeriose-groepgeding teen Tiger Brands, verteenwoordig Amcu.

Meer oor:  Amcu  |  Samancor  |  Richard Spoor  |  Mynbou  |  Bedrog  |  Chroom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.