Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vakbonde sê SAL beplan versnelde afleggings

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is besig om agterbaks planne te versnel vir nog groter afleggings as wat hy aanvanklik aangekondig het, het vakbonde Woensdag gesê.

Lede van die metaalwerkersvakbond Numsa betoog voor die Suid-Afrikaanse Lugdiens se kantore by O. R. Tambo internasionale lughawe in November toe die lugdiens aanvanklik afleggings oorweeg het. Foto: William Horne

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder vir die metaalwerkersvakbond Numsa, sê die sakeredders het hulle ingelig dat die SAL se krediteure ’n versnelde afleggingsproses eis as voorwaarde vir bykomende finansiering.

Die SAL het in November gesê hy oorweeg dit om 944 werkers af te dank as deel van kostebesparings nadat hy al vir agt jaar verliese ly. Dié aankondiging het toe daartoe gelei dat Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) met hul 3 000 lede wat vir die SAL werk vir ’n week lank gestaak het, wat talle vlugkansellasies meegebring het. Die staking het tot 22 November geduur.

Die SAL is kort daarna, op 5 Desember, in sakeredding geplaas.

Die vakbonde versoek nou ’n vergadering met die SAL se krediteure omdat hulle beweer dat die broodnodige bykomende finansiering wat die lugdiens vereis aan grootskaalse afleggings onderhewig is.

“Hulle wil hê dat die proses so vinnig as moontlik afgehandel moet word,” sê Hlubi-Majola.

“Ons aanvaar nie die voorwaardes nie. Hulle wil hê ons moet enorme werkverliese aanvaar sonder om besonderhede te verstrek.”

Die vakbonde glo dat die lugdiens se salarisrekening nie ’n faktor in sy bankrotskap is nie en dat dit eerder miljarde in wanbestuurde verkrygingskontrakte is wat die probleem is.

Louise Brugman, woordvoerder van Matuson & Associates, die sakeredders van die SAL, sê ’n vergadering met die vakbonde word vir Donderdag beplan en dat sy nie onmiddellik verder kommentaar kan lewer nie.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Sacca  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Numsa  |  Vakbonde  |  Staatsondernemings  |  Sakeredding  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.