Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vakbonde ‘dreig om SAL se sakeredding te steun’

Vakbonde by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) dreig om Solidariteit se regsproses te ondersteun om die reeds wankelende lugdiens in sakeredding te plaas.

Dit is tensy pres. Cyril Ramaphosa en sy regering buitengewone stappe doen om die staatsbeheerde SAL te red.

Numsa en Sacca (die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel) het Dinsdagmiddag in ’n verklaring gesê Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se “flou” posisie oor sy plan en verbintenis om die SAL reg te ruk en om vertroue in die lugdiens en sy handelsvennote te herstel, laat hulle geen keuse as om dit dringend onder Ramaphosa se aandag te bring dat hulle Solidariteit se aansoek om sakeredding sal steun nie.

Die vakbonde sê hulle het reeds hieroor aan Ramaphosa geskryf én samesprekings met Solidariteit begin.

Daarom is dit uiters absurd om die kontantkrisis op die staking te blameer as die direksie en uitvoerende bestuur reeds ses maande gelede daarvan bewus was én steeds verkies het om niks daaraan te doen nie.

Hulle verwerp die departement van openbare ondernemings se verklaring Sondag wat onder meer lui dat hul onlangse staking “groot skade veroorsaak het aan die reputasie en bedrywighede van die SAL, en die agteruitgang van sy geldsake”.

“Dít is ’n opportunistiese poging om die aandag weg te lei van die werklikheid dat die direksie en senior bestuur hierdie omgewing geskep het,” sê Zazi Nsibanyoni-Mugambi, president van Sacca, en Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van Numsa, in hul gesamentlike verklaring.

“Die huidige direksie en topbestuur moet volle verantwoordelikheid neem omdat hulle werkers en vakbonde gedwing het om te staak.”

Volgens hulle is die SAL-bestuur reeds sedert Junie vanjaar bewus dat daar van November af nie genoeg geld sal wees om die bedryfskoste te dek nie.

“Deon Fredericks, waarnemende finansiële hoof van die SAL, het in dieselfde week toe ons ons planne vir die staking op 11 November aangekondig het, herbevestig dat daar nie geld vir salarisse vir die res van die jaar is nie.

“Daarom is dit uiters absurd om die kontantkrisis op die staking te blameer as die direksie en uitvoerende bestuur reeds ses maande gelede daarvan bewus was én steeds verkies het om niks daaraan te doen nie.”

Nsibanyoni-Mugambi en Hlubi-Majola sê dit is net so opportunities van Gordhan om Numsa en Sacca vir die lugdiens se probleme te blameer, terwyl “hy regstreeks verantwoordelik is vir die skade aan die lugdiens se reputasie met sy roekelose uitlatings”.

“Gordhan en Tito Mboweni (minister van finansies) het uit hul pad gegaan om die handelsnaam en reputasie van die SAL te ondermyn en te devalueer.

“Minister Gordhan het na New York gegaan en ’n stelling daar gemaak dat die SAL nie te groot is om te misluk nie. Dit het internasionale handelsvennote en krediteure laat bespiegel oor die voortbestaan van die SAL. Gordhan het ook herhaaldelik in die openbaar gesê dat daar niks meer reddingsboeie sal wees nie.”

Die vakbonde meen ook dat die regering volle verantwoordelikheid moet neem vir reisagente soos Flight Centre se besluit om nie meer SAL-kaartjies te verkoop nie, sowel as versekeraars se besluit om nie langer SAL-vliegkaartjies te verseker nie.

Volgens Numsa en Sacca is dít veral weens Gordhan en Mboweni se “roekelose uitlatings”.

Die vakbonde sê hulle het ’n omvattende regrukstrategie vir die SAL aan die departement voorgelê, maar “dis duidelik dat die departement nie belang stel om dit deur te voer nie”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.