Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vakbonde kom met eie regrukplan vir SAL

Twee van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se grootste vakbonde het pas hul eie sakereddingsplan vir die lugdiens voorgestel.

In ’n gesamentlike verklaring het die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) gesê hoewel hulle sakeredding aanvanklik teengestaan het, beskou hulle die plan nou as die enigste kort-, medium- en langtermynoplossing vir die SAL.

Die uiteindelike doelwit van die plan is om te verseker dat die lugdiens nie meer van reddingsboeie van die staat afhanklik is nie.

Dit is in Desember aan pres. Cyril Ramaphosa voorgelê.

Luidens die verklaring was Numsa en Sacca aanvanklik skepties of sakeredding nodig was omdat hulle geglo het die omkeerplan van Vuyani Jarana, voormalige uitvoerende hoof, was “omvattend, prakties en pragmaties en het ’n duidelike padkaart geskep om van die sistemiese uitdagings op te los wat die SAL moet trotseer”.

Die twee vakbonde was egter gefrustreerd dat die SAL-direksie nie vinnig genoeg beweeg het om die omkeerplan in werking te stel nie. Hulle het toe hul steun toegesê aan Solidariteit se aansoek om die SAL in sakeredding te plaas om te verseker dat die omkeerplan in werking gestel word.

Die vakbonde se sakereddingsplan is ’n nuwe weergawe van die omkeerplan, “aangepas om die eskalering van die krisis” by die SAL in ag te neem.

Die belangrikste voorstelle wat die vakbonde doen, is:

Dis ’n plan wat oplossings vind vir die meeste kostedrywers wat die lugdiens tans wurg. Die belangrikste is egter dat dit, as dit behoorlik in werking gestel word, die SAL een van die leidende lugdienste op die vasteland kan maak.

Die SAL moet vrygestel word van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en ander beperkende wetgewing, wat dit vir die lugdiens moeilik maak om vinnig besluite te neem of finansiering te bekom. Dit beperk die SAL se mededingendheid.

Die SAL moet gesamentlike ondernemings vir sy oorsese vlugte sluit. Buitelandse vlugte verteenwoordig 45% van die SAL se inkomste, maar weens die koste dra dit 65% van sy verliese by. Die vakbonde stel voor dat die SAL vennootskappe aangaan met lugdienste, soos Qatar, Turkish Airlines, Emirates en Ethiopian Airlines, wat beter geleë is en die voordeel van skaalekonomie het.

Numsa en Sacca stel voor dat SAL Tegnies, die filiaal van die SAL wat onderhoud doen, ’n gesamentlike vennootskap met Lufthansa Technik, tans ’n mededinger, begin. Hulle is gekant teen die voorstel dat SAL Tegnies verkoop word.

Die vakbonde wil die rol van Air Chefs, die spysenieringsafdeling van die SAL, weer laat bekyk. Hulle is gekant teen die voorstel dat Air Chefs verkoop en die dienste ingekontrakteer word. Die teenvoorstel is dat Air Chefs ook bagasiehantering doen en sy dienste aan ander lugdienste kan bemark.

“Dis ’n plan wat oplossings vind vir die meeste kostedrywers wat die lugdiens tans wurg. Die belangrikste is egter dat dit, as dit behoorlik in werking gestel word, die SAL een van die leidende lugdienste op die vasteland kan maak. Dis noodsaaklik, nie net om die plaaslike toerismebedryf te bou nie. Dit kan ook die ekonomie ’n groot hupstoot gee.

“Dit sal Suid-Afrika ook in staat stel om betekenisvol tot intra-Afrika-handel en -reis by te dra.”

Meer oor:  Sacca  |  Numsa  |  Sakeredding  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.