Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vakbonde vra vir dringende interdik teen SAL

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) het Dinsdag ’n dringende aansoek in die arbeidshof in Johannesburg gebring om te keer dat die sakeredders van die SAL enige stappe doen om poste by die Suid-Afrikaanse Lugdiens te sny voordat hulle aan die relevante arbeidswetgewing voldoen het.

Suid-Afrikaanse Lugdiens
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakeredders beplan afleggings van tussen 944 en 4000.

Phakamile Hlubi-Majola, nasionale woordvoerder van Numsa, sê die vakbonde hoop hulle kan Donderdag hul saak in die hof stel.

Dit volg nadat die SAL se sakereddingspraktisyns, Siviwe Dongwana en Les Matuson, verlede week aangekondig het al die SAL se binnelandse roetes word gekanselleer, behalwe die een tussen Johannesburg en Kaapstad.

Matuson-hulle het in daardie stadium gesê hoewel elke poging aangewend word om werkverliese by die SAL te beperk, sal ’n “vermindering in die personeel ongelukkig nodig wees”.

In die dringende aansoek vra die twee vakbonde die hof vir ’n interdik om die SAL en die sakeredders te keer om enige stappe in hierdie verband te doen. Hulle wil hê die sakeredders moet ingevolge arbeidswetgewing eers gehoor gee aan die proses van “deeglike gesamentlike konsultasie om ’n konsensus te bereik”.

Hlubi-Majola het Dinsdag gesê die vakbonde vra die hof ook vir ’n bevel dat die sakeredders gehoor moet gee aan die bepalings van ’n loonooreenkoms wat verlede jaar bereik is. Die ooreenkoms wat onderteken is, voordat die sakereddingsproses begin het, bepaal werkers wat aan herstrukturering onderwerp word, moet in ’n opleidingsprogram geplaas word.

Ingevolge hierdie program moet werkers 75% van hul salaris deur ’n sektorale opvoedings- en opleidingsowerheid (SETA) betaal word omdat hul nuwe vaardighede aanleer, volgens Hlubi-Majola. Fin24

Meer oor:  Sacca  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Numsa  |  Hofaansoek  |  Staatsondernemings  |  Sakeredding  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.