Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Van SA Express se bates te koop aangebied
SA Express is voorlopig gelikwideer.Foto: Argief

Die likwidateurs van SA Express het begin om van dié lugdiens se bates te verkoop.

GoIndustry DoveBid SA adverteer van SA Express se Bombardier-vliegtuie, enjins, en ander toerusting, sowel as lisensies en ander infrastruktuur wat “benodig word om ’n lugdiens in Suider-Afrika te bedryf”.

GoIndustry DoveBid SA sê in die advertensie dat hy deur die lugdiens se gesamentlike likwidateurs beveel is om die bates te adverteer.

Hy sê dat hy aanbiedinge aanvaar vir die bates óf “die verkoop van die onderneming in geheel as lopende saak”.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Junie die groen lig vir die voorlopige likwidateurs gegee om eiendom te verkoop en oor te dra aan die nuwe eienaars.

Die hof het die likwidateurs ook toegelaat om nuwe beleggers in die lugdiens te lok.

SA Express is in April voorlopig gelikwideer nadat sy sakeredders en die departement van openbare ondernemings nie kon saamstem oor ’n reddingsplan nie. Dit volg nadat ZieglerSA, een van sy diensteverskaffers, se aansoek in Februarie suksesvol was om hom in sakeredding te plaas.

Die gesamentlike voorlopige likwidateurs probeer om die finale likwidasie te vermy sodat die lugdiens nie sy bedryfslisensie verloor nie.

Partye wat belangstel in enige van die bates, moet GoIndustry DoveBid teen 21 Julie om 15:00 kontak.

- Fin24

Meer oor:  Goindustry Dovebid Sa  |  Sa Express  |  Lugdiens  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.