Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
VBS-kuratele is ‘ongrondwetlik’, sê aandeelhouer
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Vele Investments, met ’n belang van 53% in VBS Mutual Bank, gaan die kuratele van dié onderlinge bank beveg.

Business Day berig dat Maanda Manyatshe, ’n direkteur van Vele, Woensdag ’n beëdigde verklaring in die hooggeregshof in Pretoria ingedien het waarin hy aanvoer bankregulasies oor kuratele is ongrondwetlik “omdat dit inbreuk maak op die regte van die mense wat daardeur geraak word”.

Dit kom nadat die Reserwebank VBS Sondag in kuratele geplaas het omdat die bank ’n kontantvloeikrisis ontwikkel het.

Die Reserwebank is die oppergesag oor Suid-Afrikaanse banke en een van sy adjunkpresidente, Kuben Naidoo, is ook die registrateur van banke.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Sondag gesê die kuratele kom ná 18 maande waarin die Reserwebank VBS gemaan het dat hy te vinnig uitbrei en onvolhoubaar geld invorder en uitleen.

VBS het in dié tyd enorme bedrae van 21 munisipaliteite ontvang, wat strydig is met die Wet op Munisipale Finansiële bestuur. Die tesourie het in Augustus verlede jaar munisipaliteite gemaan hulle mag nie by ’n bouvereniging belê nie.

Die doelwit met die kuratele is juis om te keer dat VBS, wat al 25 jaar bestaan en in die voormalige tuisland Venda begin het, sy deure sluit.

Baie mense sien die kuratele egter as ’n aanslag op ’n swartbeheerde bank. Die finansiëledienstebedryf het die afgelope jaar deurgeloop onder die aanklag dat dit nie transformeer nie en “witmonopoliekapitaal” verteenwoordig.

Die Reserwebank is onafhanklik en onpartydig en beskerm die belange van alle Suid-Afrikaners.
Cas Coovadia

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het Donderdag in sy reaksie gesê hy wil hê die banksektor moet getransformeer word, maar dit moenie gedoen word ten koste van finansiële stabiliteit nie.

Cas Coovadia, besturende direkteur van Basa, sê hy het volle vertroue in die Reserwebank.

“Deur VBS onder kuratele te plaas, het die Reserwebank binne sy mandaat en die wet opgetree, onafhanklik van spesiale belange. Die hoofdoelwit om ’n bank onder kuratele te plaas, is om deposante se geld te beskerm, asook die nasionale finansiële stelsel, terwyl die onderneming op ’n gesonde voet geplaas word.”

’n Fonds vir weduwees en wese het R385 miljoen wat by VBS belê is.

Naidoo het Sondag gesê daar kan tydelik probleme wees om geld uit te betaal as te veel mense hul geld wil onttrek, en dat dit die eerste ding is waaraan die kurator, die ouditfirma SizweNtsalubaGobodo, aandag moet gee.

Basa sê die Reserwebank is onafhanklik en onpartydig en “beskerm die belange van alle Suid-Afrikaners”.

Coovadia sê meer mededinging in die sektor en bemagtigde bestuur en eienaarskap is ’n goeie ding, “maar dit moet gedoen word op ’n manier wat volhoubare ondernemings skep wat veilige finansiële dienste aan gemeenskappe kan bied”.

Meer oor:  Vbs  |  Vbs Mutual Bank  |  Cas Coovadia  |  Ekonomie  |  Banke  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.