Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
VBS Mutual Bank: ‘Armes is bedrieg’
Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika.

Dis tyd dat owerhede beslissend optree teen mense wat vir eie gewin bedrog pleeg, ten koste van armes, sê Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa).

Coovadia is vol lof vir hoe vinnig adv. Terry Motau se verslag ná die forensiese ondersoek na VBS Mutual Bank aan vervolgingsowerhede oorhandig is. Motau trek in die verslag te velde teen verskeie individue wat die bank van minstens R1,9 miljard gestroop het.

Die verslag is Woensdag uitgereik en beveel strafregtelike vervolging aan, asook siviele stappe om van die geld terug te kry wat verlore gegaan het.

Basa onderskraag die aanbevelings, sê Coovadia.

“Die gesteelde geld moet sover moontlik teruggekry word, dié wat omkoopgeld gegee en ontvang het, moet aangekla word, en beslag moet gelê word op die bates van die skuldiges.”

Coovadia sê ook: “Ons is pynlik bewus van die skade wat aan baie gemeenskappe aangerig is deur die misdadige optrede van ’n netwerk individue wat die vertroue in die bank misbruik het.”

Die Reserwebank, onder wie se kuratele VBS in Maart geplaas is, het vroeër vanjaar individue en stokvels met rekeninge by VBS in staat gestel om tot R100 000 van hul geld te onttrek. Nagenoeg 13 500 gewone mense het geld by VBS belê.

Minstens 14 munisipaliteite wat nog geld by VBS gehad het, gaan dit bes moontlik kwyt wees.

Die munisipaliteite het die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies oortree deur geld by ’n onderlinge bank te belê. Motau se verslag toon dat baie amptenare met omkoopgeld oorreed is om munisipale geld by VBS te belê.

Coovadia sê die verslag toon hoe belangrik reguleerders se oorsig oor banke is.

Meer oor:  Basa  |  Vbs Mutual Bank  |  Cas Coovadia  |  Bedrog  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.