Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
VBS-skandaal: OBK-2 swaar beboet

Twee voormalige werknemers van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) wat gehelp het om VBS Mutual Bank te plunder terwyl hulle direkteure van die bank was, moet nou miljoene rande opdok.

Die voorblad van die verslag “The Great Bank Heist” oor die ongerymdhede by VBS Mutual Bank.

Die hooggeregshof in Pretoria het Ernest Nesane en Paul Magula beveel om onderskeidelik R5,6 miljoen en R6,1 miljoen aan Vele Investments terug te betaal. Vele, wat intussen nes VBS gelikwideer is, was die hoofaandeelhouer van die bank en ook die maatskappy waarheen die meeste van die minstens R2,2 miljard gekanaliseer is wat by VBS verdwyn het.

Albei word ook met dieselfde bedrag beboet, wat beteken hulle moet altesame R11,2 miljoen en R12,2 miljoen opdok.

Nesane en Magula het volgens adv. Terry Motau se verslag oor gebeure by die bank, The Great Bank Heist, waarskynlik R16,64 miljoen en R12,89 miljoen onwettig as kontant, lenings of voordele van VBS ontvang. Hulle het albei net toegegee dat hulle R7 miljoen ontvang het as omkoopgeld om stil te bly oor die bedrog by die bank.

Die OBK het R180 miljoen in VBS belê en het ook wentelkrediet van R350 miljoen aan die bank verskaf.

Nesane het in Julie 2018 by die OBK bedank kort nadat hy voor Motau getuig het en Magula is in April 2018 ná ’n dissiplinêre verhoor afgedank. Dit was kort nadat VBS in Maart 2018 in kuratele geplaas is.

Albei is in Augustus 2020 tot misdadige direkteure ingevolge die Maatskappywet verklaar, wat hulle verbied om weer direkteure van enige maatskappy te wees.

Motau se verslag was verdoemend oor die bedrog wat deur topbestuurslui en direkteure van VBS gepleeg is. Nesane en Magula het volgens dié verslag R7 miljoen se omkoopgeld elk ontvang om stil te bly oor die bedrog by die bank.

Nesane en Magula is ook voorheen deur die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor van die rol geskrap.

Altesame is nege mense verlede jaar weens die VBS-skandaal in hegtenis geneem.

Philip Truter, voormalige finansiële hoof, het ’n pleitooreenkoms aangegaan, wat meegebring het dat sy vonnis tot sewe jaar tronkstraf verminder is in ruil vir sy getuienis teen medebeskuldigdes.

Die verhoor van Tshifhiwa Matodzi, voormalige VBS-voorsitter, Andile Ramavhunga, voormalige uitvoerende hoof, en Phophi Mukhodobwane, voormalige tesourier, tel onder die ander beskuldigdes.

Meer oor:  Vele Investments  |  Vbs Mutual Bank  |  Bedrog  |  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.