Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK verwelkom verslag oor VBS

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het Woensdag die bekendmaking van ’n verdoemende verslag deur adv. Terry Motau oor die ineenstorting van VBS Mutual Bank verwelkom.

In die verslag sê Motau dat minstens R1,9 miljard by VBS geplunder is.

“Dit blyk baie duidelik dat VBS Mutual Bank en Vele Investments as ’n enkele misdadige onderneming bedryf is, met Tshifhiwa Matodzi ferm aan die stuur.

Tshifhiwa Matodzi. Foto: Lucky Morajane

“Die verslag genaamd ‘The Great Bank Heist’ skets ’n prentjie van hoe ’n groep individue een van die grootste spesialisbanke in Suid-Afrika tot op sy knieë dwing,” sê Sekgoela Sekgoela in ’n verklaring namens die OBK.

Ernest Nesane en Paul Magula, direkteure op VBS se bestuur, is nie meer werknemers van die OBK nie. Magula is in April ontslaan weens onbevoegdheid en Nesane het bedank nadat hy voor Motau getuig het.

Hy is deur die OBK afgevaardig om sake by die omstrede bank te bestuur voordat dit in Maart deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder kuratorskap geplaas is. Luidens die verklaring gaan die OBK strafregtelike klagte teen Nesane en Magula aanhangig maak.

In Motau se verslag word daar ook na “Dr Dan” verwys wat na bewering omkoopgeld van R5 miljoen aangebied is in ruil vir OBK-finansiering van R2 miljard. Die ondersoek kon nie vasstel of R5 miljoen wel aan Matjila betaal is nie. Motau, wat elders nie skaam is om die vinger na skuldige partye te wys nie, sê hy kan nie, “onder dié omstandighede, ’n beslissende bevinding maak nie, maar ek reken beslis die saak behoort mettertyd verder ondersoek te word deur die owerhede.”

In die OBK se verklaring ontken dr. Daniel Matjila, uitvoerende hoof van die OBK, enige gerugte oor ongerymdhede deur hom en sê dat hy ontvanklik is vir verdere ondersoek om meer lig op die saak te werp.

“Ek is gewillig en gereed om myself aan die proses te onderwerp,” sê Matjila in die verklaring.

Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Adv. Terry Motau  |  Politiek  |  Vbs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.