Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Verbod op drank kos Massmart R1,1 mjd.
Makro se drankwinkel in Port Elizabeth. Foto: Lulama Zenzile

Massmart, wat winkels onder die handelsname Game en Makro bedryf, kla dat die regering se verbod op drankverkope hom sowat R1,1 miljard aan verlore drankverkope gekos het.

Massmart se totale verkope in die nege maande tot 27 September was R60,5 miljard, wat 8,9% minder is as in die ooreenstemmende tydperk ’n jaar gelede.

Sy Suid-Afrikaanse winkels se verkope (-9,4%) was skerper af as dié in die res van Afrika (-3,8%).

Volgens Massmart het sy verkope verbeter in die derde kwartaal namate die koronavirus-inperkings gelig is. Daar was meer verkeer na die meeste van sy winkels, maar die herinstelling van ’n volle drankverbod van middel Julie tot middel Augustus het sy totale verkope erg geknou.

Die totale verliese aan verkope weens die inperking word op minstens R5,7 miljard bereken, sê Massmart.

Die klerekleinhandelaar The Foschini Group (TFG) het op sy beurt ook laer verkope aangemeld vir sy ses maande tot einde September.

TFG, wat handelsname soos @home, Exact, sportscene, Markham, Totalsports, donna en Fabiani bedryf, verwag sy verdienste vir die halfjaar sal minstens 20% laer wees as ’n jaar gelede.

Die meeste van TFG se net meer as 4 000 winkels was in April gesluit. In Afrika het meer as 2 100 of sowat 80% van sy winkels van 1 Mei weer begin sake doen, en almal was teen Junie weer oop.

In Brittanje het winkels in Mei en Junie stelselmatig oopgemaak. In Australië het winkels van einde April tot einde Mei oopgemaak.

TFG word egter geraak deur ’n tweede golf van die pandemie in Nieu-Seeland en in die Australiese staat Victoria. In Nieu-Seeland is 17 winkels twee weke lank in Augustus gesluit, maar hulle is sedertdien heropen.

Maar 84 winkels in Victoria is op 2 Augustus gesluit en is steeds toe. Die streeksregering beoog om die inperking einde Oktober op te hef. TFG spog egter dat sy Australiese afdeling steeds uiters veerkragtig was ondanks die inperkings en in Julie sy beste verdienste tot nog toe behaal het.

Anthony Thunström, uitvoerende hoof van TFG, is dankbaar oor die volgehoue steun van sy aandeelhouers want die onlangse regte-uitgifte was aansienlik oorvolskryf.

Meer oor:  Massmart  |  The Foschini Group  |  Makro  |  Game  |  Drankverkope  |  Staat Van Inperking  |  Drankverbod  |  Kleinhandel  |  Kleinhandelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.