Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vlieg met Lift, verdien Smart Shopper-punte

Lede van Pick n Pay se Smart Shopper-lojaliteitsprogram kan binnekort punte kry as hulle vlugte op die laekostelugdiens Lift bespreek.

Pick n Pay se Smart Shopper-program het ’n vennootskap met die lugdiens Lift aangegaan.

Mense wat vlugte aanlyn of in enige Pick n Pay-winkel bespreek, sal drie keer meer lojaliteitspunte verdien as die waarde van die vlug.

Die vennootskap word amptelik op 2 Augustus bekend gestel.

Die eerste 100 Smart Shopper-lede wat Lift se webwerf (www.lift.co.za) besoek, hul Smart Shopper-kaartnommer daarop intik én ’n vlug bespreek, sal 10 000 bykomende lojaliteitspunte verdien.

Jonathan Ayache, medestigter en uitvoerende hoof van Lift, sê hulle is opgewonde oor die vennootskap omdat hulle dieselfde benadering het om kliënte eerste te stel.

Andrew Mills, Pick n Pay se bemarkingshoof vir kleinhandel, sê ook Lift luister soos Pick n Pay na “wat klante wil hê” met buigsame aanbiedings.

Smart Shopper het in 2020 meer as R3,5 miljard se besparings aan klante deurgegee deur verpersoonlikte afslag, kits-kontantafslag en ander voordele.

Pick n Pay het onlangs bekend gemaak R200 miljoen se Smart Shopper-punte is nog nie opgeëis nie. Lede van die lojaliteitsprogram word aangemoedig om hul punte te gebruik voordat dit verval; punte verval ’n jaar nadat hulle verdien is, wat kan beteken dat mense stuk-stuk punte verloor as hulle dit nie gebruik nie.

Lift word besit deur Global Aviation, een van die vennote in die Takatso-konsortium, wat onlangs ’n belang van 51% in die Suid-Afrikaanse Lugdiens bekom het. Vakbonde beskou dit as problematies dat dieselfde maatskappy wat teen die staatsbeheerde laekostelugdiens Mango meeding, nou Mango se moedermaatskappy besit.

Vakbonde het vroeër dié week aansoek gedoen om Mango in sakeredding te plaas.

Meer oor:  Pick N Pay  |  Lift  |  Lojaliteitsprogram  |  Lugdienste  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.