Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Verkoop van John Craig-winkels kry voorlopige ja

Die winkelgroep wat ook Studio 88 besit, mag die mansklerewinkel John Craig van Pepkor koop.

k
Die klerewinkelgroep John Craig besit die handelsnaam Muratti, wat onder meer skoene insluit.

Die Mededingingskommissie het pas aanbeveel dat die Mededingingstribunaal die verkryging van John Craig deur Blue Falcon 188 goedkeur.

Die tribunaal besluit Vrydag daaroor.

Blue Falcon se fokus in sy winkels, Studio 88, Side Step, Skipper Bar en Linea Italiana, is grootliks op sportklere en tekkies, wat produkte van onder meer Adidas, Converse, Puma, Superga en Levi verkoop.

Pepkor het verlede jaar aangekondig dat hy John Craig wil verkoop. Volgens Leon Lourens, uitvoerende hoof, pas die winkelgroep vir formele mansdrag nie by Pepkor se aanbod van billike klere en huisware in nie.

Pepkor besit ook Pep, Ackermans, Tekkie Town en meubel- en elektronikawinkels soos Bradlows en HiFi Corporation.

Volgens ’n verklaring deur die Mededingingskommissie oorvleuel Blue Falcon en John Craig se aanbod nie juis nie en sal dit nie mededinging in enige relevante mark verminder nie.

Die kommissie stel wel voor dat afleggings vir twee jaar vanaf die verkryging verbied word.

Daarby moet Pepkor en Blue Falcon twee jaar vanaf die verkryging voorkeur gee aan John Craig-personeel as hulle aansoek doen om poste in John Craig of Pepkor Speciality waarvoor hulle geskik is. Pepkor Speciality is die Pepkor-afdeling waaronder John Craig val.

Die transaksie is nou in die hande van die Mededingingstribunaal voordat dit finaal goedgekeur word.

Die uitvoerende hoof van Blue Falcon is Laurence Wernars, wat welbekend in die perdeteel- en -wedrenbedryf is.

Volgens Sporting Post het Wernars verlede jaar ná byna 30 jaar in die bedryf besluit om sy resiesperde te verkoop en as direkteur van die National Horse Racing Association (NHRA) te bedank. Dit was ná ’n wedren op Turffontein waarin die joggie Chase Maujean ondersoek is of hy die wenperd, Puerto Manzano, te veel met die sweep geslaan het. Wernars is van ’n belangebotsing beskuldig, hoewel hy deurentyd volgehou het dat hy nie by die ondersoek betrokke sou raak nie.

Meer oor:  Pepkor  |  Klere  |  Kruideniersware  |  Klerekleinhandel  |  Kleinhandelaars  |  Klerebedryf  |  Kos  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.