Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Verkope van vis en perlemoen vaar goed

AVI, die maatskappy wat klassieke Suid-Afrikaanse handelsname soos Freshpak, Five Roses, Frisco, ProVita en I&J besit, het nie ’n besonder goeie boekjaar agter die rug nie.

Die groep se inkomste vir die 12 maande tot einde Junie was net 0,5% hoër as in die vorige boekjaar.

Die groep sê die grootste rede vir die styging was die groter volume vis en perlemoen wat deur I&J verkoop is. Ander afdelings het baie minder verkoop, maar is ’n bietjie deur prysverhogings gehelp.

I&J is een van AVI se handelsname.

Die swak rand het teen die groep getel, onder meer omdat baie van die perlemoen uitgevoer word. Kosverkope het ook genormaliseer nadat mense in vlak 5 van die inperking in die laaste week van Maart en April 2020 baie meer kos gekoop het. Dit was in AVI se vorige boekjaar.

Die groep se wesensverdienste per aandeel gaan na verwagting tussen 5% en 7% hoër wees as in die vorige boekjaar. Gekonsolideerde verdienste per aandeel, wat kapitaalwins en -verlies insluit, gaan tussen 15% en 17% hoër wees.

Die groep reik sy resultate op 6 September uit.

Invloed van onluste

Net vier Spitz-skoenwinkels is in die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng geplunder. Alle voorraad is gesteel en die winkels is erg beskadig.

Dit sal tussen drie en ses weke duur voordat dié winkels weer kan sake doen.

Bestanddele van die groep se afdeling vir versnaperings is ook by die pakstoor van ’n derde party vernietig.

Die groep sê hy het versekering teen die bates en handelsverliese en sal, met die uitsondering van bybetalings, nie ’n wesenlike koste weens die onluste dra nie.

Winkels en kantore van die groep was egter dae lank toe en selfs nadat winkels heropen is, was verbruikers huiwerig om winkelsentrums in die onlusgeteisterde gebiede te besoek. Die groep sê hoewel kleinhandel nou tot “aanvaarbare vlakke” herstel het, sal net die tyd leer of die verlore verkope van Julie herwin kan word.

Die groep het genoeg voorraad vir die bêrekoop-inkopies wat nou in aanloop tot Desember sal begin toeneem.

Meer oor:  Avi  |  Klerekleinhandel  |  Winkels  |  Inperking  |  Drankverbod  |  Covid-19  |  Drankverkope  |  Kleinhandelaars  |  Staat Van Inperking  |  Plundery En Geweld  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Koronavirus  |  Onluste  |  Kruideniersware
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.