Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Verkope van Truworths se vroueklere daal ook
Truworths het in die eIn Suid-Afrika het die verkope van vroueklere onder die Truworths-etiket effens gedaal.

Kinderklere en verkope op rekening het die Truworths-groep se algehele verkope in die ses maande tot einde Desember gelig.

Michael Mark, uitvoerende hoof, sê toestande in dié tydperk het in sowel Suid-Afrika as Brittanje versleg. In geheel, ingesluit verkope in Brittanje se Office-skoenwinkels, het kleinhandelverkope met 1,3% tot R10,6 miljard gestyg.

In Suid-Afrika het die verkope van vroueklere onder die Truworths-etiket met 0,1% tot R2 miljard gedaal. Die verkope van vroueklere in sy winkels Daniel Hechter, Ginger Mary, Glamour, LTD en Earthaddict het met 4,5% tot R807 miljoen gestyg.

Die verkope van mansklere het met 0,3% tot R2,06 miljard gedaal. Dit sluit in verkope van Truworths Man, Uzzi, Daniel Hechter Men en LTD Men.

Identity se verkope het met 1,6% tot R1,2 miljard gestyg.

Die verkope van kinderklere, wat saam in ’n afdeling gegroepeer word en LTD Kids, Earthchild en Naartjie insluit, het stewig met 10,6% tot R823 miljoen gestyg.

Verkope op rekening het ook gehelp om die algehele verkoopsyfer vir Suid-Afrika te lig. Verkope op rekening het met 4% gestyg, terwyl kontantverkope met 1% gedaal het. Sowat 71% van verkope in Suid-Afrika is op rekening.

Truworths se verbruikerskuldboek het in die halfjaar met R400 miljoen tot R6,8 miljard toegeneem.

Volgens Mark is dié groei soos verwag, ten spyte van die agteruitgang in verbruikers se geldsake.

Verkope op rekening by Truworths, Identity en YDE het met 3,5% tot R2,8 miljoen toegeneem.

Einde Desember het die groep 767 winkels in Suid-Afrika gehad en 37 in Afrika. Die handelsruimte in Suid-Afrika het met 1% toegeneem.

Uitgesluit nuwe winkels het verkope in sy winkels in Suid-Afrika met net 1% gestyg.

In die halfjaar het pryse gemiddeld met 1% gestyg.

Skoenverkope in Brittanje

Verkope in sy Office-skoenwinkels in Brittanje het met 2,6% tot R2,8 miljard gedaal. Aanlyn verkope het in Brittanje 34% van kleinhandelverkope beloop.

Mark sê die onsekerheid wat Brexit geskep het en die voortgesette druk op winkelverkope weens aanlyn verkope, het ’n voortgesette negatiewe impak.

Volgens hom vorder die omkeerstrategie vir Office wat in September in werking gestel is, goed.

Office se skuld is herstruktureer op meer gunstige voorwaardes. Dit het die groep se rentedraende lenings tot R1,1 miljard verlaag einde Desember van die ooreenstemmende tydperk se R1,3 miljard.

Office se handelsruimte het met 7% gekrimp. Einde Desember het Office 132 winkels in Brittanje, Duitsland en Ierland gehad nadat 22 winkels gesluit is.

Die groep se bedryfsuitgawes het met 4,5% tot R3,8 miljard gestyg.

Dit het daartoe gelei dat die groep se bedryfswins met 2% tot R2,3 miljard gedaal het.

Die groep het R3 miljard se kontant uit bedrywighede in die halfjaar gegenereer.

’n Tussentydse dividend van 249c per aandeel is verklaar, onveranderd vergeleke met die ooreenstemmende halfjaar.

Mark sê die handelstoestande in Suid-Afrika het in die ses maande versleg weens beurtkrag, die hoë werkloosheidskoers, die matige verhoging in lone, die hoër gemiddelde prys van brandstof en swak verbruikersvertroue.

Hy sê in die heersende handelstoestande gaan die groep op sy “beproefde handelstrategieë fokus en streng beheer oor koste uitoefen”.

Die groep slaan ook remme aan met uitbreiding. Handelsruimte gaan met net 1% in die volle boekjaar toeneem en geen groei word in die volgende boekjaar in Suid-Afrika verwag nie.

In Brittanje gaan die handelsruimte met 7% krimp in die volle boekjaar en met 9% in die volgende boekjaar.

Meer oor:  Truworths  |  Skoene  |  Klere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.