Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Verlore Sassa-kontrak knou Net1

Die kontrak van Cash Paymaster Services (CPS) vir die uitbetaal van Sassa-welsynstoelaes wat ten einde loop, is duidelik te sien in die jongste resultate van die Amerikaanse groep Net1 UEPS, beheergroep van CPS.

Herman Kotzé, uitvoerende hoof van Net1 UEPS.

CPS se omset vir die groep se vierde kwartaal tot einde Junie was 81% laer as ’n jaar gelede omdat die uitbetaling van Sassa-toelaes nou deur die Poskantoor gedoen word. CPS se kontrak met die staat verstryk amptelik aan die einde van September. Die getal mense aan wie hy nog toelaes moet betaal, het met 82% geval. Dit is mense wat hul geld by kontantbetaalpunte ontvang, ingevolge die konstitusionele hof se bevel van 23 Maart.

Die bykomende inkomste per ontvanger, soos aanbeveel deur die nasionale tesourie, is nog nie in CPS se resultate ingesluit nie, want die bedrae is nog nie deur die konstitusionele hof bevestig nie, het Net1 Donderdag in ’n Sens-verklaring gesê. Gevolglik het CPS in die vierde kwartaal ’n aansienlike bedryfsverlies gely.

“Dis met groot opgewondenheid dat ons die dae aftel na die einde van ons Sassa-kontrak op 30 September,” sê Herman Kotzé, uitvoerende hoof van Net1.

Die uitwerking van die verlies van die Sassa-kontrak is egter duidelik te sien in Net1 se syfers. Sy bedryfsinkomste is 39% laer op $58,9 miljoen. In randterme is dit 43% laer.

Die netto inkomste is 46% laer op $39,15 miljoen en dit is 50% laer in randterme.

“Hoewel baie beleggers besorg was dat die einde van dié verhouding (die Sassa-kontrak) ons ander Suid-Afrikaanse bedrywighede ernstig sal raak, kan ek uitwys dat ons stewige vierdekwartaalsyfers behaal is ondanks die byna 80%-afname by CPS. Die verwydering van die negatiewe impak wat hierdie kontrak op ons onderneming, bestuurstyd en aandeelhouerswaarde gehad het, behoort in die toekoms ’n betekenisvolle verbetering in produkverfyning, navorsing en ontwikkeling te lewer,” sê Kotzé.

Net1 se ander Suid-Afrikaanse bedrywighede sluit in die verskaffing van laekoste- finansiële produkte en die verspreiding van selfoonaanvangspakkette vir die selfoongroep Cell C. Net1 bedryf ook betaalstelsels in Suid-Korea en het strategiese aandeelbelange in Finbond, Cell C en Bank Frick. Net1 se primêre notering is op die Nasdaq-beurs in New York, met ’n sekondêre notering op die JSE.

Sy aandeelprys op die JSE was Donderdagoggend ná die markopening 0,51% hoër op R125,64.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.