Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Verslag sal wys hoe en of bedrog gepleeg is – Wiese
Christo Wiese Foto: Getty Images

Christo Wiese, voormalige Steinhoff-voorsitter, sê dat die forensiese ondersoek na die internasionale kleinhandelaar uiteindelik sal aantoon hoe boekhoudingsbedrog daar plaasgevind het.

Wiese is in ’n onderhoud op SAfm gevra hoe Steinhoff onder sy voorsitterskap geplunder is.

Wiese sê hy het eers in Julie 2016 voorsitter van Steinhoff geword en het “op presies vier raadsvergaderings voorgesit” in sy termyn.

“Steinhoff het jare of dekades voordat ek by die direksie aangesluit het van die mees gerespekteerde raadslede gehad. Dit het ’n uiters hoogs gekwalifiseerde ouditkomitee gehad. Dit het ’n gesofistikeerde interne ouditfunksie gehad,” sê hy.

Die kleinhandelaar het in 33 lande met verskillende direksies en verskillende ouditkomitees sake gedoen.

“Dit is gereeld deur topontleders vanoor die wêreld heen ontleed. Dit is gereeld deur banke, graderingsagentskappe ontleed . . . daar was nie ’n filter in die wêreld waardeur dit nie is nie,” sê Wiese.

“Ondanks dit het een of verskeie mense daarin geslaag om bedrog te pleeg – as dit is wat die forensiese ouditverslag gaan onthul,” sê hy. Die verslag sal na verwagting teen einde vanjaar uitgereik word.

“As jy bedrog in ’n maatskappy het, is dit altyd ’n probleem. Onthou, ek kan nog nie ’n verklaring doen nie, want ek wag op die verslag,” sê hy.

Meer oor:  Steinhoff  |  Christo Wiese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.