Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vervang jou bankkaart só in Shoprite of Checkers

As jy by FNB bank en ’n sekere soort bankrekening het, kan jy nou vermiste of verlore bankkaarte gerieflik in ’n Shoprite- of Checkers-winkel vervang sonder om na die bank te gaan.

FNB-bankkaarte kan voortaan by Shoprite en Checkers vervang word.

Mense met of Easy Pay As You Use- of Smart Option-bankrekeninge kan voortaan van die nuwe vennootskap gebruik maak.

FNB sê Maandag in ’n verklaring die funksionaliteit werk in meer as 700 Shoprite- en Checkers-winkels landwyd.

Jy sal regstreeks by die kassier jou bankkaart kan vervang en dan jou selfoon gebruik om die kaart te aktiveer.

“Dié vennootskap met FNB is die jongste van ’n aantal finansiële dienste, produkte en ander dienste wat deur die Shoprite-groep ingestel is in ooreenstemming met ons doel om basiese bankdienste toeganklik en gerieflik te maak, en om ons kliënte beter te bedien,” sê Jean Olivier, hoofbestuurder van finansiële dienste vir die Shoprite-groep.

Philani Potwana, uitvoerende hoof van FNB Easy, sê al raak digitale betalingsmetodes al gewilder, is fisieke bankkaarte nog vir talle kliënte baie nodig.

“Fisieke bankkaarte is van kardinale belang om kliënte te help om hul geld beter te bestuur deur die afhanklikheid van kontant, wat duur is om te gebruik, te beperk. Al ons FNB-kliënte het kontaklose kaarte, en dit dra aansienlik by tot die pogings om kliënte met gerieflike en veiliger maniere van betaal te bemagtig,” sê Potwana.

“Die vermoë om ’n verlore of gesteelde kaart in die winkel te vervang, bied ons kliënte die nodige gemak by ’n verkoopspunt waar hulle hul daaglikse inkopies doen.”

FNB sê indien ’n kaart vermis word, moet verbruikers die FNB-app benut om die kaart te blokkeer voordat hulle aansoek om ’n nuwe een doen.

Die bank kyk ook daarna om die vennootskap met Shoprite en Checkers uit te brei sodat mense met ander soort bankrekeninge by FNB ook eersdaags hul kaarte by die winkels kan vervang.

Wanneer ’n nuwe kaart by Shoprite of Checkers bekom word, moet kliënte bloot *120*321# op enige selfoon skakel en hul pin intik om die nuwe kaart te aktiveer.

Meer oor:  Fnb  |  Shoprite  |  Checkers  |  Bankbedryf  |  Kleinhandelaars  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.