Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Viceroy se Steinhoff-verslag was ‘plagiaat’

Die navorsingsfirma Intellidex sê Viceroy Research se veelbesproke verslag oor Steinhoff is grootliks plagiaat.

Daarby kap Intellidex Viceroy se gebrekkige navorsing oor onder meer Capitec in ’n diepteverslag wat op versoek van Business Leadership South Africa uitgevoer is. Die verslag se titel is: “Beleggingsnavorsing in die era van fopnuus”.

'n Afdruk van die Vlaamse skilder Jan Brueghel se skildery Satire oor Tulip-manie wat op Viceroy se webwerf verskyn.

Dit juis die Steinhoff-verslag wat Viceroy Research, ’n groepie kortverkopers wat vanuit New York hul sake bedryf, skielik in die internasionale kollig geplaas het, bevind Intellidex. Viceroy se verslag is uitgereik net dae nadat Steinhoff self aangekondig het hy kan nie sy jaarresultate uitreik nie.

Viceroy se verslag het omvattende dekking gekry en die groep skielik baie magtig gemaak. “In die nasleep van die skokonthullings oor rekenkundige onreëlmatighede by Steinhoff was daar ’n desperate behoefte aan inligting, wat Viceroy kon vul.

“Ná die Steinhoff-verslag kon blote gerugte van Viceroy-navorsingsteikens aandeelpryse laat beweeg, terwyl die werklike uitreiking van verslae ’n dramatiese uitwerking op aandeelpryse gehad het, waarvan Capitec die beste voorbeeld is.”

Daar was ’n “beduidende” hoeveelheid diefstal uit ’n verslag van die verskansingsfonds Portsea Asset Management wat reeds ses maande vantevore geskryf is. “Viceroy se bydrae tot oorspronklike inhoud tot die verslag blyk nietig te wees.”

Viceroy het op Twitter teruggekap dat hulle ’n verklaring oor die “smeerveldtog” voorberei.

“Hoewel die Steinhoff-verslag en verwante mediadekking Viceroy beduidende invloed gegee het, is dit na ons mening misplaas... Om die waarheid te sê, die grootste voordeel van die Steinhoff-verslag was sy tydsberekening omdat dit gepubliseer is net twee dae nadat die Steinhoff-sage die nuus getref het en die mark uiters gretig was vir enige insig oor wat by Steinhoff skeefgeloop het,” skryf die Intellidex-navorsers. 

Intellidex kap Viceroy verder: “Dit lyk of die gehalte van hul navorsing, wat reeds gebrekkig was, ná die Steinhoff-verslag agteruit gegaan het, veral in die geval van Capitec en Advanced Micro Devices (AMD), en in ’n sekere mate ProSieben.”

Intellidex se gevolgrekking is dat Viceroy se invloed spruit uit die Steinhoff-verslag, “eerder as die inhoud van (sy) verslae” oor ander firmas.

AMD is ’n Amerikaanse vervaardiger van halfgeleiers en ProSieben is ’n TV-stasie in Duitsland.

Viceroy se grootste strydpunt is met die Amerikaanse vervaardiger van biotegnologie MiMedx.

Intellidex ontleed Viceroy se Steinhoff-verslag in ’n diepteverslag. Lees dit hieronder.

Theobald is ’n gereelde rubriekskrywer vir

Business Day.

Kortverkope

Die skrywers sê dis duidelik dat Viceroy se “teikens” onderhewig is aan “beduidende kortverkope” voor en ná die navorsing uitgereik word. “Dit beteken daar is ’n groot vraag na navorsing wat die prys kan laat daal.”

Kortverkope is wanneer beleggers aandele by ’n batebestuursfirma leen wat hy in die ope mark verkoop. Hy wag dan tot die aandeelprys daal en koop dieselfde hoeveelheid aandele wat hy geleen het en gee dit aan die batebestuursfirma terug.

Kortverkope is ’n wettige manier om geld te maak indien jy reken ’n aandeel is om die een of ander rede oorgewaardeer. Dis ook ’n goeie markmeganisme omdat kortverkopers kan help om ’n prysborrel met ’n spesifieke aandeel te voorkom.

Dit word egter as uiters oneties beskou om ’n verslag uit te reik of gerugte te versprei wat juis daarop gemik is om die aandeelprys te laat daal sodat jy daaruit kan voordeel trek.

Meer oor:  Steinhoff  |  Viceroy  |  Capitec
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.