Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Victoria’s Secret sluit kwart van winkels
Die bekende Victoria’s Secret gaan ’n kwart van sy winkels in Amerika sluit. Foto: Bloomberg

Victoria’s Secret, die Amerikaanse winkel bekend vir sy onderklere en parfuum, gaan ’n kwart van sy winkels sluit.

L Brands, wat Victoria’s Secret besit, het Donderdag in ’n handelsverklaring gesê dat hy teen die einde van die jaar 251 van sy winkels in Amerika gaan sluit. Dit verteenwoordig 23% van die winkels wat hy in dié land het.

Stuart Burgdoerfer, waarnemende uitvoerende hoof van die maatskappy, waarsku boonop dat nog meer winkels in die toekoms gesluit kan word.

Die groep gaan ook 51 Bath & Body Works-winkels sluit.

Die maatskappy sê hy verwag dat die Victoria’s Secret-winkels wat hy gaan hou, eers weer einde Julie sal oopmaak.

Victoria’s Secret is nie die eerste Amerikaanse winkelgroep wat aankondig dat hy winkels permanent gaan sluit weens die invloed van die Covid-19-pandemie nie.

J.C. Penney het Maandag ook gewaarsku dat hy na aan ’n kwart van sy winkels gaan sluit.

Andrew Meslow, die nuwe uitvoerende hoof van L Brands, sê ’n paar van Victoria’s Secret se winkels het wel al oopgemaak, en dit lyk of daar goeie ondersteuning van die mark is.

Vroeë aanduidings van kleinhandelaars soos Macy’s en Kohl’s, wat reeds weer met verkope begin het, is dat die hoeveelheid produkte wat verkoop word, sowat die helfte is as wat voor die pandemie verkoop is.

Bath & Body Works se verkope is glo dieselfde as wat dit was voordat Amerika op 17 Maart ’n staat van inperking ingegaan het.

Amerika is die land met die grootste getal mense wat met Covid-19 gediagnoseer is. Teen Vrydag is daar reeds meer as 1,6 miljoen mense met die virus gediagnoseer, en is meer as 96 000 daaraan dood.

Victoria’s Secret is veral bekend vir sy jaarlikse modevertoning waar die wêreld se bekendste modelle sy onderklere vertoon.

Victoria’s Secret het nie winkels in Suid-Afrika nie. Van sy parfuum word wel plaaslik te koop aangebied.

– Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Victoria's Secret  |  Vsa  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.