Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Virgin Active begin personeel aflê

Virgin Active het begin met ’n herstruktureringsproses van sy personeel in sy hoofkantoor sowel as in van sy klubs, het die gimnasiumgroep aan Netwerk24 bevestig.

Altesame sal nagenoeg 59 mense afgelê word, het Carla White, bemarkingsbestuurder, bevestig. Geen klub sal egter gesluit word nie.

Volgens White word die herstrukturering gedoen ten einde “doeltreffendheid te bevorder” terwyl die maatskappy steeds sy kommersiële teikens behaal.

Die beleggingsbeheerfirma Brait besit ’n belang van 72% in Virgin Active, maar soek luidens onlangse berigte nou na ’n koper vir minstens ’n deel hiervan.

Brait het die beleggingsbank Morgan Stanley aangestel om ’n koper vir ’n minderheidsbelang in Virgin Active te soek.

Christo Wiese is Brait se grootste aandeelhouer.

Virgin Active besit en bestuur gimnasiums in verskeie lande, waaronder Suid-Afrika, Brittanje en Italië.

59% van sy 238 klubs is in Suid-Afrika, asook 65% van sy 1,1 miljoen volwasse lede. Tog verteenwoordig die streek net 39% van Virgin Active se inkomste.

In die boekjaar tot einde Desember het Virgin Active se inkomste met ’n skamele 1% tot £587 miljoen gestyg.

Wêreldwyd het sy ledetal in die ooreenstemmende tydperk met 2% toegeneem.

Lidmaatskapsgeld in Suid-Afrika is heelwat laer as in ander streke waarin Virgin Active sake doen.

Dit wissel van R230 tot R2 350 per maand vir ’n gemiddelde van R470 per lid.

Die gemiddelde Britse Virgin-lid betaal R1 420 per maand en die gemiddelde Italianer R1 180 per maand.

Volgens White word die herstruktureringsproses van stapel gestuur om te verseker dat werknemers op die "doeltreffendste manier moontlik” ingespan word sodat die groep sy doelwitte bereik.

Meer oor:  Brait  |  Virgin Active  |  Maatskappye  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.