Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Virgin Atlantic tot SAL se redding?

Sir Richard Branson het luidens berigte aangedui sy lugdiens, Virgin Atlantic, sal dit oorweeg om ’n belang in die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te bekom.

LONDON HEATHROW INTERNATIONAL AIRPORT, LONDON, UNI
'n Boeing 787-9 van Virgin Atlantic wat deur sir Richard Branson besit word. Foto: Getty Images

Branson, stigter van Virgin Group, het Donderdagoggend op ’n geleentheid in Johannesburg gepraat.

Volgens Business Day het hy gesê hy is te vinde vir die voorstel om in die SAL te belê aangesien hy bekend is as “dr. Ja by Virgin”.

“As die Suid-Afrikaanse regering ons nader, sal ons dus beslis daarna kyk.”

Die SAL sukkel reeds etlike jare en het vroeër vanjaar ’n reddingsboei van R5,5 miljard uit die staatskas ontvang.

Die reddingsboei was veronderstel om die lugdiens te help om van sy agterstallige skuldverpligtinge te verleng en om ’n terugbetalingsplan op te stel.

Tito Mboweni, minister van finansies, het in sy onlangse mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê die regering sal die nasionale lugdiens help om nog R9,2 miljard se skuld oor die volgende drie jaar te betaal.

“Soos sake tans daarna uitsien, sal die SAL waarskynlik nie voldoende kontantvloei kan genereer om bedrywighede te onderhou nie,” sê Mboweni.

’n ‘Eerlike’ leier

Branson sê die belangrikste eienskap van Suid-Afrika se nuwe regering is dat hy nou ’n “eerlike leier” het.

Volgens Branson het hy nou “baie meer vertroue om in Suid-Afrika te belê” met pres. Cyril Ramaphosa aan die stuur as wat hy onder oudpres. Jacob Zuma gehad het.

Branson noem Ramaphosa ’n “goeie leier” en sê hy is iemand wat goed luister.

“Die slegte (tipe mens) is een wat net praat en nie luister nie.”

Virgin Atlantic is nie die enigste lugdiens wat belangstelling daarin toon om in die SAL te belê nie.

Ramaphosa het verlede maand op ’n beleggingskonferensie in Londen gesê die regering voer gesprekke met potensiële vennote. Hy het nie gesê wie nie.

Bloomberg het ook al berig dat Ethiopië se nasionale lugdiens ogies vir die SAL maak. Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.