Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Virgin Atlantic vlieg weer na SA

Die lugdiens Virgin Atlantic gaan binnekort sy vlugte tussen Brittanje en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park hervat.

Virgin Atlantic
Al mag Suid-Afrikaners nie tans as toeriste na Brittanje vlieg nie, begin die Britse lugdiens Virgin Atlantic op 24 Junie weer met vlugte tussen die Heathrow-lughawe in Londen en Johannesburg. Foto: Virgin Atlantic

Die skedule vir die drie vlugte per week is nog nie beskikbaar nie, maar reisigers sal van 24 Junie tussen Suid-Afrika en die Heathrow-lughawe in Londen met Virgin Atlantic kan vlieg.

Die lugdiens is ook van voorneme om sy vlugte na Kaapstad later in die jaar te hervat.

Suid-Afrika is steeds op Brittanje se rooi lys en Suid-Afrikaners mag dus nie as toeriste na Brittanje vlieg nie.

“Slegs diegene wat ’n studiebeurs of werk- of verblyfpermit het, mag Brittanje vanuit Suid-Afrika binnekom,” sê Liezl Gericke, Virgin se hoof vir die Midde-Ooste, Afrika en Indië.

Enige reisigers wat in Brittanje aankom en binne tien dae vanaf sy of haar vertrekdatum deur ’n land op Brittanje se gevaarlys gereis het, of daarvandaan, moet deur ’n spesifieke terminaal beweeg met aankoms (dit is tans terminaal 3 op die Heathrow-lughawe).

United Airlines se eerste vlug vanjaar het op 4 Junie op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park geland. Foto: Verskaf

Daar moet ook vooraf plek bespreek wees in ’n fasiliteit waar sulke reisigers onder verpligte kwarantyn sal moet bly.

United Airlines het ook vroeër die maand aangekondig hy gaan weer met sy daagliks regstreekse vlugte tussen Johannesburg en die Newark-lughawe begin.

Die eerste vlug het reeds op 4 Junie vanaf Newark, New York, in Johannesburg geland.

Hoewel dit goeie nuus is vir die lugvaart- en reisbedryf, het die Amerikaanse regering Woensdag ’n demper daarop geplaas met die aankondiging dat Amerikaners afgeraai word om na Suid-Afrika te reis weens die misdaad en verspreiding van die koronavirus.

LEES OOK: Bly eerder weg uit SA, maan VSA sy burgers

Meer oor:  United Airlines  |  Virgin Atlantic  |  Lugdienste  |  Toerisme  |  Reisbedryf  |  Lugvaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.