Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Virus dryf vergaderings aanlyn, maar JSE juig

Alexander Forbes sal die eerste genoteerde maatskappy in die land se geskiedenis wees wat sy jaarvergadering ten volle aanlyn hou, en die JSE dink dit is ’n goeie ding.

Die JSE se kantore in Johannesburg. Foto: Getty Images

Die staat van inperking het dit onmoontlik gemaak om byeen te kom soos gewoonlik, maar as noodsaaklik diens hou die JSE aan verhandel.

In ’n poging om te voorkom dat talle jaarvergaderings uitgestel word, het die JSE die dienste van The Meeting Specialist (TMS) bekom om jaarvergaderings met alle belanghebbendes virtueel te hou én stemming toe te laat.

Volgens Ursula du Plooy, hoof van maatskappydienste by die JSE, is die plan om jaarvergaderings aanlyn te hou eintlik innoverend selfs wanneer die inperking tot ’n einde kom.

“Die JSE is ’n sleutelrolspeler in die onderhoud van Suid-Afrikaanse kapitaalmarkte se infrastruktuur en die fasilitering van ekonomiese momentum,” sê die aandelebeurs Maandag in ’n verklaring.

Die TMS-platform sal belanghebbendes in staat stel om die vergadering van enige plek op aarde te kan bywoon, hul skerms te deel en te stem op resolusies terwyl volledig boek vir ouditdoeleindes gehou word.

“Ons genoteerde ondernemings moet nog steeds met hul aandeelhouers kan skakel en algemene jaarvergaderings hou,” sê Valdene Reddy, direkteur van kapitaalmarkte by die JSE. “Om oplossings vir ons kliënte te vind is ’n sleutelfokus vir ons en hierdie ‘nuwe normaal’ het daartoe gelei dat ons hierdie nuwe aanbod bekendgestel het, ’n bewys dat inklusiwiteit en volhoubare maniere om te werk haalbaar is.”

Alexander Forbes reken die virtuele platform vir jaarvergaderings is eintlik juis waarheen die mark, ongeag ’n staat van inperking, sal begin beweeg.

“Terwyl ons glo dat virtuele vergaderings mettertyd wyd aanvaar sal word, of ten minste ’n algemene aanvulling sal word tot konvensionele vergaderings aangesien dit die rigting is waarin sake beweeg, is die onmiddellike beskikbaarheid van hierdie diens veral relevant in die wisselvalligheid van vandag se ekonomiese klimaat,” sê Carina Wessels, uitvoerende bestuurder van wetgewing by Alexander Forbes.

Meer oor:  Jse  |  Jaarvergadering  |  Beleggers  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.