Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vleisverwerkers skop al jare vas teen regulasies
Nie álle koue vleise op die rak word deur listeriose geraak nie. Foto: Pixabay

Die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS) reguleer nie tans verwerkte vleisprodukte nie. ’n Poging van die NRCS om in 2014 verpligte spesifikasies vir verwerkte vleis vas te stel, is nooit afgehandel nie.

Dit blyk uit ’n voorlegging Vrydag deur Edward Mamadise, waarnemende hoof van die NRCS, aan die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid.

Dit kom te midde van die uitbreek van listeriose wat teruggespeur is na verwerkte vleis en wat reeds tot die dood van meer as 180 mense gelei het.

Mamadise sê die NRCS reguleer wel geblikte vleisprodukte, maar dié produkte word nie geraak deur die dodelike bakteriese infeksie nie, omdat die vleisprodukte in houers verseël en verhit word.

Hy sê ’n standaard is ontwikkel om verwerkte vleisprodukte te reguleer, maar weens verskille met die bedryf is die regulasie na die departement van gesondheid verwys.

’n Finale konsep van die verpligte spesifikasies oor verwerkte vleis is op 7 Maart 2014 op ’n vergadering van belanghebbers goedgekeur, maar die bedryf het aangevoer die bedryfskoste om die voorgestelde heffings te hanteer, is te hoog.

Joan Fubbs, voorsitter van die portefeuljekomitee, het daarop retories gevra wat die bedryf sê oor die koste van lewensverlies. Sy het gevra dat die NRCS haar moet voorsien van die name van die persone of bedryfsliggame wat in 2014 op dié vergadering van belanghebbers was.

Volgens Mamadise was dit verteenwoordigers van onder meer die groot bekende kleinhandelaars, die departemente van gesondheid en landbou, asook verbruikersgroepe. Hy het belowe om later in ’n skriftelike antwoord meer besonderhede aan haar te stuur.

’n Standaard is ontwikkel om verwerkte vleisprodukte te reguleer, maar weens verskille met die bedryf is die regulasie na die departement van gesondheid verwys.

Hy het gesê ’n heffing-subkomitee wat bestaan het uit lede van die Verbruikersgoedereraad, die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikersunie, kleinhandelaars, die NRCS en die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkersassosiasie (Sampa) is mettertyd saamgestel om verder te beraadslaag, maar hulle kon nie ’n ooreenkoms bereik nie.

Die subkomitee het in Oktober 2014 met die departement van handel en nywerheid vergader en Sampa het ’n selfreguleringsmodel voorgestel. ’n Kennisgewing vir die gedeeltelike regulering van verwerkte vleis is in Julie verlede jaar gepubliseer.

Dit sou deur die departement van landbou bestuur word en sou gaan oor die klassifisering, verpakking en etikettering van verwerkte vleisprodukte vir verkoop in Suid-Afrika.

Vereistes oor higiëne is nie deel van die voorgestelde regulasie nie en dit sal slegs gedek word deur die algemene vereistes vir alle voedselsoorte onder die toesig van die departement van gesondheid.

Meer oor:  Vleis  |  Listeriose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.