Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vlieëniers glo SAL-baas het sy bes gedoen
Vuyani Jarana, SAL, lugdiens,
Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL, het onlangs bedank. Foto: Getty Images

Die vlieëniers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) glo Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL wat pas bedank het, het sy bes gedoen om die sukkelende staatslugdiens van ondergang te red te midde van uiters moeilike omstandighede.

“Ons het sy integriteit, verbintenis en visie gesteun om die SAL te herskik,” het Grant Back, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlieëniersvereniging (SAAPA), Maandag in ’n verklaring gesê.

Die vlieëniers sê hulle is diep bekommerd oor die berigte dat Jarana se omdraaiplan vir die lugdiens intern én ekstern gesaboteer is. “Die uitvoerende hoof is op die ou einde deur onbuigsame en beperkende regeringsbeleid gepootjie, asook deur die direksie en aandeelhouer (die staat) wat aktief by uitvoerende besluitneming ingemeng het.”

Dit is vererger deur die SAL se uitvoerende struktuur en ’n uitvoerende bestuurspan wat bykans onveranderd was sedert die era van die omstrede Dudu Myeni, ’n vriendin van oudpres. Jacob Zuma, wat as voorsitter van die SAL-direksie gedien het.

Jarana se bedanking is ’n terugslag vir die lugdiens, maar dit is ’n geleentheid vir die aandeelhouer om uit hierdie foute te leer, het die SAAPA gesê.

Gegewe die dun winsmarges waarmee lugdienste sake doen, het die SAL ’n nuwe uitvoerende hoof nodig wat die bedryf deeglik ken, sê Back. “Dit is noodsaaklik dat die direksie vorder met die aanstelling van ’n vreeslose, nie-politieke, onafhanklike uitvoerende hoof met ’n sterk loopbaangeskiedenis in die lugdienssektor.

“Die laaste ding wat ons nodig het, is ’n politieke aanstelling met geen lugdienservaring nie. Wanneer Rome brand, het ’n mens die beste brandbestryders nodig wat jy kan kry.

Die laaste ding wat ons nodig het, is ’n politieke aanstelling met geen lugdienservaring nie.
Grant Back

“ ’n Nuwe hoof sal benewens ’n bewese loopbaangeskiedenis en passie vir lugvaart ook die steun van die uitvoerende span nodig hê. Ons kan nie nog ’n hoof hê wat deur ’n lustelose bestuurspan ondermyn word nie.”

Die SAPAA sê hulle gaan ’n vergadering met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, aanvra om hul “konstruktiewe voorstelle” vir die pad vorentoe aan hom te bied.

Dit blyk Jarana het die guns van die SAL se vlieëniers gewen deur sy pogings om vir hulle tydelike werk by ander lugdienste te kry terwyl die SAL roetes gestaak het om sy geldverliese te keer.

Jarana het verlede jaar in die parlement verduidelik die lugdiens het vlieëniers gehelp om kontrakte by ander lugdienste te sluit, met die verstandhouding dat hulle op kort kennisgewing teruggeroep kon word sodra die SAL se situasie verbeter en hy gesnyde roetes kon hervat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.