Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vlieëniers gereed om te help met SAL
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens wag op R2 miljard van die staat.

Die vlieëniers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is in die verlede altyd op die kantlyn gelaat deur onbeholpe bestuur wat net hul magsbasis wou vestig en nie in die beste belang van die lugdiens opgetree het nie.

So sê kapt. Grant Back, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens-vlieëniersvereniging (Saapa) in reaksie op die jongste nuus oor 12 vlugte wat die lugdiens vandeesweek gekanselleer het.

As die vlieëniers betrek was in die regruk van die SAL, sou die kans op sukses veel groter gewees het as nou, sê Back.

“Ons werk proaktief saam met die sakereddingspraktisyn. Al Saapa se pogings is daarop gemik om die lugdiens te red, dit finansieel te laat stabiliseer en goeie, skoon en verantwoordbare korporatiewe bestuur te verseker. Dit sal sterk leiers verg met die nodige vaardige en ervare kundiges in hul onderskeie velde. Dit moet ’n bestuursverandering insluit waarvoor ons al herhaaldelik gevra het.”

Back sê hulle het ook maar deur die media van die kansellering van die vlugte gehoor en die SAL-bestuur het nie die vlieëniers vooraf gewaarsku nie.

Hy glo die besluit op die kansellasies wys duidelik die lugdiens wil sy kontantvloei beskerm.

“Saapa is vasbeslote om die lugdiens te red tot voordeel van ons lojale passasiers en hardwerkende personeel, insluitende die vlieëniers, asook die Suid-Afrikaanse belastingbetaler.”

Volgens Back het hulle verneem die “konsolidasie” van vlugte is ’n tydelike maatreël en hulle sal vir meer inligting oor die toekomstige grootte en vorm van die lugdiens moet wag voordat hy kan sê hoe dit die personeel gaan raak.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.