Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vliegtuie te koop! – SAL spartel sonder geld

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) probeer dringend geld in die hande kry.

 

Business Insiderberig dat die SAL nege van sy Airbus A340-, A300- en A600-vliegtuie en 15 spaarenjins te koop aanbied.

k
Die tenderdokumente vir die vliegtuie wat die SAL wil verkoop, kan nou bekom word.

Dit kom te midde van die storm wat Donderdag losgebars het oor of die tesourie betyds R2 miljard in die hande gaan kry om die lugdiens in bedryf te hou.

Business Day  het Donderdag berig indien die R2 miljard wat die staat in Desember aan die lugdiens belowe het, nié teen 19 Januarie beskikbaar is nie, daar ’n groot moontlikheid is dat die lugdiens gelikwideer gaan word. Die sakeredders ontken dit egter.

Die SAL het op 5 Desember aansoek om vrywillige sakeredding gedoen.

Die staat het as deel van die sakereddingsplan onderneem om ’n lening van R2 miljard aan die lugdiens te waarborg en self ook R2 miljard aan die lugdiens te gee.

Die SAL sal eers teen einde van die naweek weet of daar geld gaan wees om bedrywighede aan die gang te hou.Foto: Reuters

“Soos ons verstaan, moet die R2 miljard wat die tesourie onderneem het, eers via die korrekte parlementêre prosesse luidens die toedelingswetsontwerp goedgekeur word,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsdienste by Solidariteit.

Hy het Woensdag ’n vergadering bygewoon waar die huidige stand van sake tussen die sakeredders en die werknemerskomitee van die SAL bespreek is.

“Die probleem, klink dit nou, is dat daar nog nie die geleentheid was om die nodige goedkeuring te kry nie,” het Van der Bijl in ’n telefoniese onderhoud met Netwerk24 verduidelik.

“Die plan is nou om tot tyd en wyl dit gedoen kan word, oorbruggingsfinansiering by banke te bekom.

“Dit klink vir ons asof die banke wel bereid is om dit te doen, maar dit is onderhewig aan sekere voorwaardes. Die staat moet nou besluit of hulle dié voorwaardes gaan aanvaar. Soos wat ons verstaan, gaan hulle dié besluit teen 19 Januarie maak,” sê hy.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdagoggend gesê die tesourie werk nou saam met die sakeredders en die SAL om met banke oor ’n lening te onderhandel.

Mboweni het sakelui en die media in Rosebank, Johannesburg, toegespreek voor sy vertrek na die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarlikse beraad in Davos, Switserland. Hy wou nie meer inligting gee nie en het net gesê dat hy verwag dat ’n vergadering tussen die sakeredders en bankiers goed sal verloop. Mboweni het nie die vraag beantwoord oor of hy beplan om met die SAL na Davos te vlieg nie.

Luidens die SAL se webtuiste vlieg die SAL wel direk na Zürich, Switserland.

Les Matuson, van Matuson Associates-sakebestuurskonsultante wat die SAL se sakeredding behartig, sê Donderdag in ’n verklaring dat daar nie tans oorweeg word om die SAL te likwideer nie.

“Die SAL, soos wat tipies is vir ’n onderneming wat in sakeredding is, het likiditeitsprobleme. Die regering steun steeds die sakereddingsproses en werk saam met ons aan verskillende scenario’s wat oorweeg word,” sê Matuson.

“Die likwidasie van die SAL word nie tans as een van die scenario’s oorweeg nie. Ons bly hoop dat ’n manier gevind sal word om likiditeitsprobleme op te los.”

Van der Bijl sê hoewel die sakeredders Woensdag niks oor salarisse gesê het nie, is werknemers bekommerd oor of die SAL hulle einde Januarie sal kan betaal.

Wat die verkoop van die vliegtuie en enjins betref, het belangstellendes luidens die tesourie se eTender-platform tyd tot 30 Januarie om hul belangstelling aan te dui.

Belangstellendes "kan op versoek" na die vliegtuie en enjins kyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.