Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vloed klere van Edgars kan gou winskopies wees
Edcon kan die mark binnekort oorstroom met winskopies om sy voorraad uit te verkoop. Foto: PIxabay

As die klerewinkelgroep Edcon nie gered kan word nie, gaan ’n vloed klere op uitverkoping kom wat waarskynlik die kleremark vir ’n maand of twee gaan ontwrig.

Edcon se sakeredders is in gesprek met moontlike kopers om die hele maatskappy of afsonderlike winkels, veral Edgars en Jet, te koop.

Anthony Thunström, uitvoerende hoof van TFG (wat Foschini insluit), het Donderdag gesê hulle stel geensins belang in die groep of die dele Edgars of Jet nie.

Hy sê Edgars is ’n afdelingswinkel en dit is die teenoorgestelde van wat Foschini se sakemodel is.

“Afdelingswinkels is ook die grootste verloorders in die verskuiwing na aanlyn verkope.”

LEES OOK: 15 kopers stel in Edgars, Jet belang

Volgens hom is Jet waarskynlik die aantreklikste winkelgroep van die twee omdat goedkoper klere daar verkoop word.

Hy sê die probleem met Jet en Edgars is dat hulle dieselfde hoofkantoor in Johannesburg het en dat hulle IT- en logistiekedienste deel.

“Dis nie vir ons winsgewend om die onderneming te probeer ontknoop nie en die hoofkantoor is in Johannesburg, terwyl ons in Kaapstad is.”

Op die vraag of Edcon die mark binnekort gaan oorstroom met winskopies om sy voorraad uit te verkoop, sê hy dit gaan afhang of die onderneming uitgekoop kan word of nie.

“As die onderneming uitgekoop word, is dit onwaarskynlik dat die mark oorstroom gaan word met klere, maar in die ongelukkige geval dat dit nie gebeur nie en die onderneming toegemaak word, gaan daar ’n vloed van voorraad in die mark wees.”

Hy sê dit gaan waarskynlik vir een tot twee maande op groot afslag wees en dit gaan die mark beïnvloed.

Volgens Thunström word die plaaslike kleremark reeds tans gekenmerk deur baie groot afslagpryse.

Edcon het belangstelling van 19 voornemende kopers gekry en tans gaan ’n kortlys van 15 deur die verdere proses.

Inkopiegangers verlaat ’n Edgars-mode- en tuiswarewinkel, wat bedryf word deur Edcon Holdings Ltd.

Die belangstellende partye moet einde Junie hul aanbod indien en vroeg in Julie moet ’n bindende ooreenkoms met die suksesvolle kopers gesluit wees.

Die sakeredders het op 8 Junie aangekondig die sakereddingsproses vind plaas deur ’n versnelde verkoopsproses.

Dit blyk uit die sakereddingsplan die oogmerk is om alles teen einde Augustus af te handel. Die res van die bates gaan in die twee maande verkoop word, insluitende die voorraad. Die laaste salarisse sal nog in die twee maande betaal word.

Edcon het ook verlede week met ’n konsultasieproses met sy personeel begin vir moontlike afleggings hangende die sukses met die verkoop van die ondernemings.

Die sakeredders het in hofstukke gesê Edcon het meer as 23 000 personeel en dat die sakereddingsproses poog om soveel moontlik poste te red.

LEES OOK: Edcon: 22 000 mense kry art. 189-briewe

Die idee is dat van die personeel oorgedra word wanneer die onderneming verkoop word, maar indien dit nie moontlik is nie, gaan hulle afgelê word.

Meer oor:  Edcon  |  Jet  |  Edgars  |  Maatskappye  |  Sakeredding  |  Kleregroep  |  Winskopies  |  Klerewinkels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.