Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Volkswagen breek rekord ná 10 jaar

Volkswagen se fabriek in Uitenhage het in Oktober sy vorige produksierekord – wat tien jaar gelede opgestel is – oortref.

Volkswagen spog hy het verlede maand 16 453 voertuie by dié aanleg vervaardig. Die vorige rekord was presies tien jaar gelede in Oktober 2009, toe 15 131 eenhede in daardie maand gebou is.

Volkswagen Polo’s op pad na die hawe in Port Elizabeth om uitgevoer te word. Volkswagen se fabriek in Uitenhage het in Oktober die hoogste produksievolumes in tien jaar behaal.Foto: Volkswagen

Die aanvanklike produksieteiken vir Oktober was 16 179 eenhede, wat reeds die vorige rekord sou oortref, maar die produksiespan het selfs dié teiken oortref.

Thomas Schaefer, besturende direkteur van Volkswagen Suid-Afrika, sê die aanleg in Uitenhage is op koers om teen die einde van die jaar ’n rekordproduksie van 162 000 voertuie te haal.

Teen einde Oktober het die Uitenhage-fabriek al 140 482 voertuie sedert die begin van die jaar gebou, waarvan 92 029 vir die uitvoermark bestem is.

Meer oor:  Volkswagen  |  Motor  |  Motorvervaardigers  |  Motorbedryf  |  Motorvervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.