Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Volkswagen sny Lamborghini dalk los

Die Italiaanse motorvervaardiger Lamborghini gaan moontlik volgende jaar afsonderlik van sy moedermaatskappy, Volkswagen, noteer as deel van ’n grootskaalse herstrukturering.

Die Lamborghini Aventador S Roadster. Foto: Lamborghini

Herbert Diess, uitvoerende hoof van die Volkswagen-groep, is al sedert hy 18 maande gelede aangestel is, gretig om die maatskappy se verskeie handelsname te herorganiseer en meer gefokus te maak.

Deel van die plan is om Lamborghini meer onafhanklik te maak, wat moontlik ’n aparte notering insluit.

Volgens onberispelike bronne wat met Bloomberg gesels het, maar nie genoem wil word nie, sluit van die moontlikhede ook in dat Lamborghini verkoop sal word.

Dit is omdat Diess die kern van die groep, naamlik Volkswagen, Audi en Porsche, wil voorkeur gee.

Volkswagen self het egter aan Reuters gesê enige besluit oor Lamborghini is nog ver in die toekoms, maar dat geen aparte notering of verkope op die kaarte is nie.

Dit kom nadat die maatskappy in 2017 $4,3 miljard se boetes vir die uitlaatgasskandaal moes opdok, en talle bestuurslui al aangekla en gevonnis is vir onder meer bedrog en markmanipulasie.

Diess self is ook op 24 September aangekla van markmanipulasie in Duitsland.

Volkswagen se aandeelprys het sedert die skandale vier jaar gelede aan die lig gekom het, nou al sowat 36% van sy waarde verloor.

Diess is besig om bates en hulpbronne te verskuif na afdelings wat die produktiefste is om die maatskappy se winsgewendheid te help verseker.

Meer oor:  Audi  |  Porsche  |  Volkswagen  |  Lamborghini  |  Motors  |  Motorvervaardigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.